Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
KKNK 2022: ’n Fees van baie trane en dankbaarheid (vir tannie Geraldine en oom George)
2022-04-05"Dis moeilik om hoogtepunte uit te sonder in ’n week waar als en almal so emosioneel gelaai en in dieselfde asem so vatbaar vir normaliteit en beauty was."
Persverklaring: Suidoosterfees se sterre presteer by kykNET Fiëstas
2022-03-29Stephren Saayman, een van die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre, het pas ’n kykNET Fiësta ontvang as beste opkomende kunstenaar vir sy spel in die verhoogdrama Mannetjie. Die drama het verlede jaar by die fees gedebuteer.
KKNK 2022: ’n onderhoud met Loki en Margot Rothman
2022-03-28"Musiek is die basis van ’n samekoms. Al is dit by ’n braai of ’n dans. Musiek bring mense nog altyd nader aan mekaar."
Elna se Boekstories by KKNK beloof diep genot vir boekwurms
2022-03-28Elna van der Merwe, samesteller van die KKNK se Boekstories tydens die fees wat van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn plaasvind, vertel vir Melt Myburgh van hoogtepunte op vanjaar se program.
KKNK 2022: ’n onderhoud met Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk
2022-03-28"En dit is die fokus. ’n Viering van ’n terugkeer na in-persoon feeste. En ’n viering van die ongelooflike talent wat ons het."
KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen
2022-03-28"Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit hul gate losgelaat is!"
Persverklaring: Uitsoek-produksies op Suidoosterfees se NATi Teaterprogram
2022-03-25By die 20ste Suidoosterfees, vanjaar van 27 April tot 1 Mei by Kunstekaap in die Moederstad, gaan teaterliefhebbers smul aan produksies op die NATi Teaterfees-spyskaart. Heelwat trefferstukke is gegrond op boeke deur gewilde Afrikaanse skrywers, en opwindende verhoogstukke deur opkomende jong skrywers is op die program ingesluit.
Toyota US Woordfees 2022: Enkele foto’s en US Koor-video by die Langtafel
2022-03-24Kyk na ’n video-opname van die US Koor by vanjaar se Langtafelgeleentheid. Hier is ook enkele foto’s van die geselligheid.
Press release: Andrew Buckland and Sylvaine Strike star in Firefly at The Baxter
2022-03-17Two of South Africa’s theatre greats, Andrew Buckland and Sylvaine Strike, once again team up to create theatre magic, in the stage premiere of Firefly, directed by Toni Morkel, at the Baxter Flipside, for a limited season from 24 March to 9 April 2022 at 7:30pm nightly, with Saturday matinees at 2:30pm.
Persverklaring: KKNK2022 bied bekostigbare en gratis vermaak vir die hele gesin
2022-03-16Daar is gratis aktiwiteite wat aangebied word vanaf 10:00 tot 15:00 elke dag, met uitstaande kinderproduksies.
Persverklaring: Toyota US Woordfeesdatums vir 2022 bekend
2022-03-15Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW Projek, het ... gisteraand onder luide toejuiging aangekondig dat ’n fees in die vlees vir 10 tot 15 Oktober vanjaar in die vooruitsig gestel word.
Persverklaring: Vyf nuwe NATi Jong Sterre debuteer as dramaturge by Suidoosterfees 2022
2022-03-09Die Suidoosterfees wat vanjaar van 27 April tot 1 Mei by Kunstekaap in Kaapstad aangebied word, spog met vyf splinternuwe dramas deur jong, opkomende skrywers wat aan die fees se NATi Jong Sterre-ontwikkelingsprojek deelgeneem het.
Persverklaring: Wat behels die KKNK 2022 se inentingsmandaat?
2022-03-08“Die KKNK volstaan by die toepassing van ’n inentingsmandaat ten goede van alle betrokkenes. Ons gee egter terselfdertyd die versekering dat oningeënte persone nié weggewys sal word nie, mits hulle aan die voorwaardes en bepalings voldoen soos vervat in die mandaat.”
Fotoblad: Adam Small-fees 2022
2022-03-08Die Adam Small-fees het op 26 Februarie 2022 plaasgevind en uit sy nate gebars. Gary Naidoo het namens LitNet gaan foto's neem.
“Mense moet hulle seatbelts saambring” – Etienne Fourie oor Stiekyt
2022-03-03"'’n Fliek is net so goed soos die mense wat daaraan werk, en Stiekyt is geseën met mense wat nie net talentvol is nie, maar ook toegewyd.' As mense wíl, glo hy vas, dan kan berge versit word. 'En hierdie span wóú.'" – Etienne Fourie vertel van Stiekyt wat binnekort by die Silwerskermfees draai.
Persverklaring: KKNK se feesprogram bekendgestel
2022-03-02Kaartjieverkope open op Donderdag 3 Maart, en verblyf is beskikbaar deur LekkeSlaap.
Persverklaring: Suidoosterfees se 2022-program propvol hoogtepunte
2022-03-01Die program vir die Suidoosterfees, wat vanjaar van 27 April tot 1 Mei 2022 by die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad aangebied word, is pas bekend gemaak.
Persverklaring: Innibos 2022 – geen winterfees, maar heeltyd feestyd!
2022-02-25"Ons beplan om steeds optreegeleenthede aan kunstenaars te bied, die plaaslike ekonomie te stimuleer en ’n ondersteunende en opbouende rol in die plaaslike gemeenskap te speel deur middel van eiesoortige projekte, getrou aan die aard van Innibos."
Persverklaring: Topwineroots Laailou Musiekfees, Afrikaanse musiek se nuwe skat uitgestel
2022-02-25Die verhoog by die fees word met ’n 270 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailous, sowel as toeskouers op hul kampstoele in die kampeerfeesterrein, bedien.
Adam Small-fees op Saterdag 26 Februarie 2022: ’n onderhoud met Darryl David
2022-02-24"Alle lesings is gratis vir die publiek en vir boekliefhebbers. Natalia da Rocha se vertoning sal egter R50 kos vir haar musikale huldeblyk aan Adam Small."
