
Foto: Hans van der Veen
The Baxter Theatre Centre, in samewerking met KKNK, Suidoosterfees, TOYTA US Woordfees, NATI, City of CT en die Wes- Kaapse Regering, bied aan: Karatara, geskryf deur Shaun Oelf en Wilken Calitz.

Foto: Hans van der Veen
Grant van Ster, Shaun Oelf and Dean Balie is te sien in hierdie veelbesproke nuwe dansdrama. Na ’n tweejaarlange vertraging, weens die pandemie, debuteer Karatara by KKNK 2022 met ’n uitverkoopte speelvak. Die produksie word hiertydens bekroon met ’n Kanna-toekenning vir Beste Debut Produksie. Ander nominasies sluit in: Beste Teaterproduksie, Beste Regisseur, Beste Teaterontwerp.
Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens. Die roerende dansdrama handel oor die verlies van familie, tuiste, gemeenskap en grondgebied. Dit ondersoek verder die komplekse ras- en sosiale geskiedenis tussen gemeenskappe van die area, en die wyse waarop politieke magte en sommige media-instellings die tragedie uitgebuit het.
“Die Karatararivier, boetie. The deep dark place.
Hy sluk alles in. Al die neighbourhoods langs hierdie swart slang in die Outeniqua – húlle sluk al alles vir jare en jare en jare”.
“Karatara is sintuiglike ervaring waar rou talent geslyp is tot professionaliteit,” Anroux Marais, minsiter vir Sport en Kultuur in die Wes-Kaap.
“Boeiend. Kartara sal nooit weer dieselfde betekenis het, Karatara drives you to action. Impossible to forget,” Shihaam Domingo, The Domingo Effect.
“’n Moet-kyk, absoluut ongelooflik!” Marion Holm, Aktrise.
- Vervaardiger & produksiebestuurder: Marié Vogts
- Regisseur en klankontwerp: Gideon Lombard
- Akteurs: Dean Balie, Grant van Ster, Shaun Oelf
- Choreografie: Ontwikkel deur die gesleskap
- Verhoogbestuurder: Andi Colombo
TYDSDUUR: 50min
TAAL: Afrikaans, English, and Dance
KONTAKPERSOON: Marie Vogts: 071 965 2870, info@marievogts.com
KAARTJIES: Webtickets: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1515226033
20 – 24 September om 19h00
21 – 22 September om 11h00
24 September om 15h00
R180 / R100 Pensioentrekkers

