KKNK Dramaweb SA 2022-finaliste aangekondig!

  • 0

Die finaliste van vanjaar se KKNK Dramaweb SA-kompetisie is bekend. 

Hierdie leerders se video-inskrywings is sorgvuldig uit honderde in dié gewilde aanlyn dramakompetisie gekies, en finaliste sal mekaar die verhoogstryd aansê in die nasionale finaal tydens ’n regstreekse uitsending op Saterdag 18 Junie 2022 op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal en webwerf. 

Hierdie opwindende proses het tydens verlede jaar se eindronde sowat 15 000 kykers gelok! 

Die beoordelaars is baie beïndruk met vanjaar se KKNK Dramaweb SA-inskrywings, wat weer van oor die land heen ingestroom het, sê Ira Blanckenberg, stigter en sameroeper van die kompetisie, wat in samewerking met die KKNK aangebied word. 

“Dit was weer eens vir ons heerlik – hoewel daar natuurlik baie deeglik na alle elemente gekyk is om opbouende terugvoer te kan verskaf – om vanjaar se werk te beoordeel en die finaliste te kies. Dit bly ’n feit: ons land is gevul met talentvolle aspirant-akteurs!” sê sy.

“Die doel van KKNK Dramaweb SA bly dieselfde: ons wil jong akteurs se talente help slyp en daarmee saam vir hulle waardevolle vaardighede leer wat hulle kan saamneem op die pad vorentoe, soos die selfvertroue, kreatiewe denke, kommunikasievaardighede en dissipline wat hul uit deelname aan die kompetisie in hul persoonlike arsenaal kan toevoeg.” 

Die kompetisie is oop vir beide Afrikaanse en Engelse deelnemers in verskeie afdelings, wat ongedramatiseerde gedig en/of prosa, gedramatiseerde gedig en/of prosa, voorbereide lees, monoloog en selfs mimiek insluit.

Só lyk Saterdag 18 Junie se program vir die Afrikaanse afdeling:

09:00 – Graad RR tot 1

10:00 – Graad 2 tot 4

11:00 – Graad 5 tot 7

Middagete

13:00 – Graad 8 tot 10

15:00 – Graad 11 tot 12

17:30 – Regstreekse aankondiging van die topdrie in elke kategorie en prysuitdeling.

*Die Engels-eindronde vind op Sondag 19 Junie plaas vanaf 09:30.

Vir die KKNK lê die ontwikkeling en opbou van die jeug se dramatalent ons na aan die hart, sê Hugo Theart, die KKNK se artistieke direkteur. “Hierdie is ’n vennootskap wat die KKNK met trots ondersteun, aangesien dit spreek tot dieselfde doelstelling wat ons ook probeer uitleef: om ’n platform vir die kunste en letterkunde te wees, en ’n hulpbron wat leerders kan help om ’n moontlike toekoms in die uitvoerende kunste te kies, en ook gehore en ondersteuners van die kunste te kweek.” 

Baie geluk aan die finaliste.

AFRIKAANS Graad RR tot 1

  • Alri Vermaak, Iprov Studios
  • Anca Peter, Laerskool De Hoop
  • Chanté Benson, Laerskool Krugerpark
  • Hilda van Wyk, Pikkie Paradys
  • Lexi Hanekom, Pikkie Paradys
  • Mia Spies, Laerskool Unika
  • Mila Palvi, Pikkie Paradys Senior
  • Reine du Plessis, Improv Studios
  • Riley Verheem, Improv Studios
  • Steven Palvi, Pikkie Paradys Senior

AFRIKAANS Graad 2 tot 4

  • Khloë Hanekom, Laerskool Gene Louw
  • Kiara Zietsman, Curro Durbanville
  • Leila Erasmus, Welkom Volkskool
  • Leila Palvi, Laerskool Gene Louw
  • Liam Steynberg, Laerskool Roodekrans
  • Lize Botes, Laerskool Protearif
  • Marinell Wolmarans, Laerskool Gene Louw
  • Matthew Louw, Laerskool Gene Louw
  • Mieke Drenth, Laerskool Wonderboom
  • Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans

AFRIKAANS Graad 5 tot 7

  • Amonique Bence, Laerskool Constantia
  • Daniël Snyman, Laerskool Durbanville
  • Edward Harding, Laerskool Muldersdrift
  • Luca Human, Curro Durbanville
  • Mabel Matthee, Rûens Kollege
  • Marné Pretorius, Laerskool Witrivier
  • Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
  • Risa Burger, Curro Durbanville
  • Rossouw van Wyk, Laerskool Nelspruit
  • Symone Venter, Laerskool Kenmare

AFRIKAANS Graad 8 tot 10

  • Anome Meyer, Hoërskool Noordheuwel
  • Ethan Bester, Hoërskool Randburg
  • Kamryn Lowe, Oranje Meisieskool
  • Liné Allen, Hoërskool Noordheuwel
  • Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gymnasium
  • Mongenique Viljoen, Hoërskool Noordheuwel
  • Monja van Heerden, Hoërskool Noordheuwel
  • Rian Knoesen, Hoërskool Zwartkop
  • Rico Immelman, Hoërskool Noordheuwel
  • Zander Oberholster, Hoërskool Martin Oosthuizen

AFRIKAANS Graad 11 tot 12

  • Anastacia Pharo, Apex High School
  • Ann-ne Venter, Hoërskool Durbanville
  • Carla Swanepoel, Hoërskool Durbanville
  • Charnelle Beukes, Apex High School
  • Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen
  • Karli Marais, Hoërskool Noordheuwel
  • Lisa Kukard, Hoërskool Durbanville
  • Mariska Esau, Apex Hoërskool
  • Paul Strydom, Hoërskool Parel Vallei
  • Zane Habig, Hoërskool Parel Vallei
  • Zoe Labuscagne, Hoërskool Noordheuwel

ENGELS GRAAD RR tot 1

  • Gabriella Tucker, Curro Krugersdorp
  • Khanya Duvenhage, Tuisskool
  • Leyla Heinz, Curro Krugersdorp
  • Reuben de Jager, Parys Primêr
  • Stefan Pretorius, Laerskool Randfontein

ENGELS Graad 2 tot 4

  • Alice Grobler, Laerskool Roodekrans
  • Annabella Stam, Curro Durbanville
  • Caleb Haefele, Curro Durbanville
  • Cara Claassen, Laerskool Roodekrans
  • Carli de Jager, Parys Primêr
  • Kyla Oosthuizen, Improv Studios
  • Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans
  • Telika Kruger, Trinity Little Falls
  • Theodore van Diemen, Laerskool Anton van Wouw
  • Valantay Pietersen, Christelike Privaatskool Malmesbury

ENGELS Graad 5 tot 7

  • Amy Perkins, Curro Durbanville
  • Elizabeth Coetzer, Curro Durbanville
  • Grace Lynch, Curro Durbanville
  • Janel Meijer, Laerskool Anton van Wouw
  • Leané Nortje, Laerskool Helderkruin
  • Lucy Morillion, Curro Durbanville
  • Mabel Matthee, Rûens Kollege
  • Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
  • Ngcali Dantile, Curro Durbanville
  • Rossouw van Wyk, Laerskool Nelspruit 

ENGELS Graad 8 tot 10

  • Ethan Bester, Hoërskool Randburg
  • Gabriella Grasso, Fairmont High School
  • Gabriella Grobbelaar, Pearson High School
  • Gabriella Groves, Hoërskool Durbanville
  • Lenadri Groenewald, Hoërskool Noordheuwel
  • Liané Schuck, Hoër Tegniese Skool Middelburg
  • Lillian de Valle, Grantleigh High School
  • Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gymnasium
  • Monica Swart, Hoërskool Eldoraigne
  • Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei

ENGELS Graad 11 tot 12

  • Asenathi Mzola, Apex High School
  • Bridget Wesson, Melkbos High School
  • Courtney Schelhase, Hoërskool Tygerberg
  • Mbali Mbiza, Apex High School
  • Nangamso Dubula, Apex High
  • Nicole Booyens, Glenwood House
  • Sakhikhaya Zingange, Apex High School
  • Taylor Davids, Apex High School
  • Wayde Solomons, Apex High School

Die finaal word regstreeks op die KKNK Dramaweb SA-webwerf uitgesaai by kknk.co.za/dramaweb-sa en die beoordelaars sal die regstreekse optredes hier aanlyn evalueer. 

Die KKNK word geborg deur Absa en Media24 met verdere ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn-munisipaliteit, en Business and Arts South Africa (BASA).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top