Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Suidoosterfees 2021: An interview with Adam Cruise

Adam Cruise, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-04-23

"Basically, we all need each other, so, no, we cannot allow humanity to self-destruct." Adam Cruise (It’s not about the bats) will be part of the Jakes Gerwel conversations at the Suidoosterfees. 

Persverklaring: Tyd vir ’n blaaskans met die Suidoosterfees se spesiale afslagpakkette

LitNet Suidoosterfees 2021-04-23

Die Suidoosterfees, wat van 26 April tot 2 Mei in Kaapstad plaasvind, val oor ’n langnaweek en in die skoolvakansie. Met ’n program propvol drama, komedie, gesprekke, musiek, inryteater en vele meer, is dit die perfekte geleentheid om jou batterye te kom herlaai. Die fees en die Premier Hotel Kaapstad bied ’n bekostigbare wegbreek-opsie aan feesgangers. 

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Johan Fourie

Johan Fourie, Bennie Linde Suidoosterfees 2021-04-22

Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Die gesprek "Die lang pad na ekonomiese vryheid", met Johan Fourie, Nicoli Nattrass en Rachel Jafta, vind op 30 April plaas. Bennie Linde gesels met Johan oor sy boek.

Kyk hoe nooi Suidoosterfees-sterre jou uit na die fees!

LitNet Suidoosterfees 2021-04-22

Die Suidoosterfees vind van 26 April tot 2 Mei 2021 in Kaapstad plaas. Kyk hoe nooi van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars jou in hierdie video’s uit na hulle produksies.

Suidoosterfees 2021: An interview with Thembalethu Seyisi

Thembalethu Seyisi, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-04-22

"It is my small way of paying it forward and a way of showing gratitude for the privileges life has afforded me thus far." Thembalethu Seyisi (21 life lessons @ 21) will be part of the Jakes Gerwel conversations at the Suidoosterfees. 

Persverklaring: Elsa Joubert se Spertyd met Sandra Prinsloo by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-21

Joubert is op 14 Junie 2020 midde die Covid-pandemie oorlede. Kort voor haar afsterwe het sy die teksverwerking gelees, en was sy opgewonde oor Prinsloo se vertolking van haar lewensverhaal.

Persverklaring: Die Dinge van ’n kind by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-21

Marita van der Vyver se ontvergeetlike Bildungsroman, Die dinge van ’n kind is in 1994 gepubliseer. Francois Toerien se verhoogverwerking is weerloos en fragiel, ’n produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hulle lewens.

Persverklaring: Beet by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-21

Beet is ’n opdragproduksie van die Suidoosterfees om die lewe van Beethoven te vier.

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Coenie de Villiers

Coenie de Villiers, Marli van Eeden Suidoosterfees 2021-04-20

Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Coenie de Villiers.

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Deon Meyer

Deon Meyer, Marli van Eeden Suidoosterfees 2021-04-20

Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Deon Meyer.

Kalender: Suidoosterfees 2021 ‒ Die leuen van 1652

LitNet Suidoosterfees 2021-04-20

Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Patric Tariq Mellet se The Lie of 1652: A decolonized history of land het onlangs opslae in die media gemaak. In dié omstrede boek lewer Mellet skerp kritiek teen die koloniale geskiedenis. Hy plaas op 27 April om 10:00 die fokus op grondonteiening, die verwoesting van lewens en die brutaliteit van slawerny in Suid-Afrika.

Terwyl ander huiwer, laat waai Suidoosterfees met spogprogram

Melt Myburgh Suidoosterfees 2021-04-19

Van 26 Maart tot 2 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n program propvol gesprekke, komedie, drama, musiek en kinderteater aan. Melt Myburgh het gaan inloer by die mense agter die fees, en berig oor hoogtepunte wat op feesgangers wag.

Persverklaring: Elsa Joubert se Spertyd met Sandra Prinsloo by die Atterburyteater

LitNet Teater 2021-04-14

Prinsloo volg haar vorige kragtige eenvrouvertonings (Kamphoer – die verhaal van Susan Nell, Oskar en die pienk tannie) op in hierdie werk wat inspireer en ontroer, maar ook vertroos. Spertyd is van 20 tot 25 April 2021 by die Atterburyteater te sien.

Persverklaring: Vakansiepret vir die jongspan by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-14

Pietersielie en Roosmaryn vertel stories! is van 26 tot 28 April om 10:30 en 13:30 in Artscape tydens vanjaar se Suidoosterfees op die planke.

Toyota US Woordfees 2021: Teaterlose kuns

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-04-14

"Dis moontlik om anders te dink, en dis moontlik om klein entjies vooruit, die onsekere toekoms in, te gaan met '’n trotse tradisie van waagstukke'."

Toyota US Woordfees 2021: oorsig oor ’n naweek van Flikker & Flash-opskietteater

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-04-14

Die Toyota US Woordfees het die afgelope naweek ’n Flikker & Flash-opskietteater-ervaring oor twee dae op Stellenbosch aangebied. Maryke Roberts het haar aan die kunste gaan oorgee.

US-taaldebat 2021: US-koor sing nog in Afrikaans

Marguerite van Wyk Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-07

"Die kwessie van sang en taal is egter veel groter as die vraag of ’n koor in Afrikaans mag sing al dan nie. Dit gaan eerder daaroor dat die koor (en selfs sêrgroepe) soveel beter daaraan toe is as hulle in soveel moontlik tale sing."

Persverklaring: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater

LitNet Suidoosterfees 2021-03-31

Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-produksies word beskryf as die "mooiste liefdesbrief aan die Karoo". Dié tweeluik – Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte – wat in Desember 2020 uitgestel moes word weens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie, is nou op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios, die tuiste van die kykNET-sepie Suidooster, se inryteater.

Persverklaring: Puik vermaak vir almal by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-03-31

Die Suidoosterfees doen sy slagspreuk, "’n Fees vir almal!" in 2021 gestand met ’n verskeidenheid produksies wat van 26 April tot 2 Mei by Artscape opgevoer word. Volgens Jana Hattingh, uitvoerende hoof, is dit vir die fees belangrik om steeds werksgeleenthede vir kunstenaars te bly skep, en om aan gehore ’n veilige teaterervaring te bring waar hulle die beste vermaak kan geniet. Omdat die fees saam met die skoolvakansie val, is daar opwindende kinderteaterproduksies en gesinsvermaak op die program.

Persverklaring: Suidoosterfees bring ’n veilige, intieme teaterervaring

LitNet Suidoosterfees 2021-03-31

In die lig van dié uitdagings het die Suidoosterfees en NATi hande geneem en kan gehore hulle gereedmaak vir die opwindende NATi Teaterfees. ’n Verskeidenheid produksies word van 26 April tot 2 Mei by Artscape in Kaapstad op die planke gebring as deel van die Suidoosterfees se 2021-aanbod. Streng Covid-19-veiligheidsprotokolle is in plek en teatergangers kan produksies in ’n veilige omgewing geniet.

Top