Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Foxwoodfees: Sandra Prinsloo gee ’n stem aan Olga Kirsch en Nerina Ferreira

Melt Myburgh Feeste 2020-10-07

By vanjaar se Foxwoodfees is Sandra Prinsloo te sien in twee aanbiedings oor onderskeidelik Olga Kirsch, die Joodse digter wat in Afrikaans geskryf het, en Nerina Ferreira, die kleurvolle aktrise en vertaler van kinderboeke en toneelstukke.

Die KKNK en URUCU bied ’n webinaarreeks aan oor kwessies uit Stam (The tree)

LitNet Film 2020-10-07

Die gesprekke wat aanlyn plaasvind, sluit temas in soos: wat ons nie van geslagsgebaseerde geweld sê nie, die trauma van die versorger; en die verhouding tussen verslawing en verbondenheid.

Lus vir ’n aandjie uit? Bespreek nou jou Suidoosterfees-inryteaterkaartjie

LitNet kykNET Portaal 2020-10-06

Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.

kykNET Silwerskermfees 2020: Leon van Nierop se oorsig

Leon van Nierop Film 2020-09-04

"Hierdie weergawe van die Silwerskermfees bewys: So baie kan met so min gedoen word."

Persverklaring: Suidoosterfees-kunstenaars in spesiale musiekvideo vir inspirerende vroue

LitNet Suidoosterfees 2020-09-02

In die video word Lucas Maree se lied “Die weduwee se kruik” gekombineer met ’n ode wat Diana Ferrus aan essensiële werkers wat tydens die pandemie hoop en genesing in gemeenskappe bring, geskryf het.

Persvrystelling: KKNK skep vernuwend in 2020

LitNet KKNK 2020-09-01

Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, sê met die huidige beperkings was dit nodig om kreatief te wees in hulle aanslag, om aan nuwe maniere te dink om gehaltekuns met ’n tikkie andersheid te bied.

Persvrystelling: VrySpraak-digitaal, die Vrystaat Kunstefees se Literatuurfees skop vandag af!

LitNet Feeste 2020-09-01

Boekbekendstellings en -besprekings, en digkunsvoorlesings en -optredes sal deur middel van verskillende formate aangebied word, waaronder potgooi, vooraf opgeneemde videogesprekke, radioprogramme en regstreekse, livestream sessies met Suid-Afrikaanse en internasionale skrywers en digters.

Geniet die KKNK en Mothership Studios se reeks aanlyn konserte

Marli van Eeden, Hugo Theart KKNK 2020-08-20

"Vir die KKNK is dit ’n besonderse voorreg om deel te wees van ’n musiekreeks van dié gehalte en standaard. En as ek kyk na die reaksie van die mense wat reeds gekyk het, is dit ook ’n besonderse ervaring vir die gehore. Dit is wonderlik. Musiek is nodig in dié tye. En hierdie reeks bied dit op steroids!"

Laaste kans om die KKNK se virtuele galery te besoek

LitNet KKNK 2020-08-19

Kunsliefhebbers moet gou spring om die KKNK se heel eerste virtuele kunsgalery te besoek. Hier is nog inligting.

Persverklaring: Suidoosterfees vier Nelson Mandeladag met spesiale musiekvideo

LitNet Suidoosterfees 2020-07-17

Die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting vier Nelson Mandeladag vanjaar met ’n spesiale projek. In samewerking met die CTMA (Cape Town Music Academy) en Die Burger stel die fees op 18 Julie 2020 ’n musiekvideo bekend van ’n nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied "A child in a faraway land". 

Mediaverklaring: Oudtshoorn-kunstenaars en -werke aan voorpunt van KKNK Virtuele Galery

LitNet KKNK 2020-07-16

Vyf visuele kunstenaars van Oudtshoorn se werke word in die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se eerste Virtuele Galery uitgestal.

Inskrywings word ingewag vir die US Woordfeeskortverhaalbundel 2021

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-07-14

Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind.

Persvrystelling: Tuin van Digters in November 2020 huldig digter, vertaler en skrywer Daniel Hugo

LitNet Feeste 2020-07-14

Die negende jaarlikse Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, sal in 2020 op 27 tot 29 November saam met NB-Uitgewers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington, sowel as op sosiale media platforms, aangebied word.

"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert oor Spertyd

Ena Jansen Skrywersonderhoude 2020-06-24

"Op 6 November 2017 het ek op versoek van die Stellenbosse Woordfees-organisasie ’n onderhoud met Elsa Joubert in haar woonstel in Berghof, Hofstraat, Kaapstad gevoer."

Persvrystelling: Teksmark beloof weer ’n smeltkroes van teater

LitNet KKNK 2020-06-24

Die doel van Teksmark, in 2018 vereer met ’n spesiale Fleur du Cap-prys vir innovasie in teater, is om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike ontwikkeling bekend te stel. Alle skrywers, hetsy gevestig of opkomend, kan deelneem.

Persvrystelling: Virtuele kunsgalery ’n eerste vir KKNK

LitNet KKNK 2020-06-18

"Ons glo dat hierdie ’n KKNK-instelling gaan word, wat nie net waarde vir ons ondersteuners toevoeg nie, maar ook meer geleenthede vir die visuele kunste in die toekoms skep," sê Hugo Theart.

Press release: Pieces fall into place for reimagined festival

LitNet Lifestyle and entertainment 2020-06-08

The festival’s website is readying itself to become a virtual stage: all events will be accessed through the website portal – both curated work and un-selected "fringe" events. The curated programme is a schedule of events that will be released each day from 25 June to 5 July. 

Die eerste Toyota US Woordfees-teaterskryflaboratorium – ’n onderhoud

Remona Voges, Cornelia Faasen Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-06-04

"Die idee is hier om skrywers te ondersteun terwyl hulle aan hulle idees en tekste skaaf – die projek is ’n impetus vir skrywers wat nou (soos die res van die wêreld) tuis sit en wroeg oor wat om volgende te doen."

Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe

Naomi Meyer, André van der Merwe Musiek 2020-05-28

"Ek glo aan die einde van hierdie tydperk sal koorsang (soos baie kunsvorme) selfs sterker as voorheen terugkeer."

Persverklaring: PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor: "World in Union"

LitNet Suidoosterfees 2020-05-25

Die musiekvideo, geloods in samewerking met die Suidoosterfees en die Cape Town Music Academy, bring hulde aan COVID-19- essensiële werkers en die globale spanpoging om die pandemie hok te slaan. Die video huldig ook landsburgers se pogings tot selfisolasie en die gedissiplineerde wyse waarop hulle die inperkingsreëls in dié uitdagende tyd gehoorsaam. 

Top