2014-10-29Volgens Saartjie Botha, bestuurder van US Woordfees 2015, dui die tema nie net op die fees se ouderdom nie, maar is sestien onse ook ’n verwysing na die inklusiewe en diverse aard van die US Woordfees. Identiteit word bepaal deur baie verskillende faktore en mense is lankal nie meer geneë om as eendimensioneel geklassifiseer te word nie.
Izak de Vries2014-10-29"Shantille Klaasse, van St Anna Sekondêr in Springbok, is ook geneig om te hakkel. Dít was een van die goed wat gemaak het dat sy dieper moes delf en meer moes konsentreer as enige ander deelnemer aan Saterdag se landswye Afrikaanse Spelfees vir Graad 9-Huistaalleerders."
2014-10-16Die finale ronde van WOW se Nasionale Spelfees word Saterdag 18 Oktober in Stellenbosch aangebied. Leerders van Graad 1 tot 10 uit agt provinsies by die Universiteit van Stellenbosch bymekaarkom om hul klank- en spelvaardighede te meet.
2014-10-13Drie groot produksies wat by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het, was duidelik in ’n kop-aan-kop-stryd deurdat elkeen in afsonderlike kategorieë pryse gewen het.
Corlie de Kock2014-10-09 "Die onderskeie uitstallings is uiteenlopend wat betref medium, styl en tema, maar daar ontstaan dinamiese gesprekke tussen werke wat tot nuwe betekenis lei."
Emma Kotze2014-10-06Albei produksies, Quartet en Piet se optelgoed, vra ongemaklike vrae rondom die mishandeling, veral seksueel, wat daar so dikwels in verhoudings bestaan.
2014-09-30Die ATKV Boeke-oase se program by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom is oudergewoonte propvol opwindende boekbekendstellings, boekgesprekke, teatergesprekke en voorlesings. Alle gesprekke/geleenthede wat by die Boeke-oase aangebied word, is gratis.
2014-09-29 Aktuele kwessies soos grond, ongelykheid, geloof en die toekoms is die onderwerpe waarop daar by vanjaar se Beeld Diskoers-reeks by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gefokus word.
Emma Kotze, Renata Redelinghuys 2014-09-29"So skop die eerste dag van die heel eerste Kaapstadse Fringe Festival af. Hiermee sluit Kaapstad by ’n reeks wêreldberoemde stede aan, soos Praag, Amsterdam en Edinburgh, om net ’n paar te noem, wat reeds hulle eie internasionale Fringe-feeste hou."
Karina Magdalena Szczurek2014-09-25"I should have started shedding tears at the beginning of the event, when the woman who is our national treasure, Sindiwe Magona, noticed that we were only a few people in the audience while the whole of South Africa should have been attending."
Ingrid Glorie2014-09-19Op Vrydag 19 September 2014 was in Amsterdam die afskop van die eerste Week van de Afrikaanse roman. Ingrid Glorie, koördinator van de Week en redakteur van Maandblad Zuid-Afrika, het die openingslesing gehou.
2014-09-09Programaanbieders Nedine Blom en Jawaahier Petersen van die radiostasie Jaloersbokkies FM hou jou geselskap terwyl jy bekoor word deur die musiek waarvan hulle die jaloerse bewakers is: Afrikaanse treffers, ghoema-musiek, Maleisiese musiek...
Darryl David2014-08-28"The crowds left the festival with smiles on their faces. Many who had planned to attend only some of the Saturday sessions drove all the way back to Howick on Sunday as well, some from a fair distance away."