Feeste
Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad
Articles about festivals in South Africa and abroad
Tien vrae: Jan van der Merwe oor Noord-Kaapse Dorpe
2015-02-16 "Die Noord-Kaap ... het ’n velerlei dimensies en geskiedenisse. Daar is die ontdekkingsreisigers, die drosters en die vlugtelinge, die sendelinge en die delwers. Daar is verhale van fortuinsoekers en veroweraars. Om die Noord-Kaap te verstaan moes ek die geskiedenis gaan oplees van die Boesmans, die Basters, die Korannas, die Griekwas, die Trekboere ..."Koos Kombuis: "Dit is inderdaad deesdae lekkerder as ooit"
2015-02-04"Die ding wat ek eers na die tyd agtergekom het, is as ’n ou ’n sogenaamde geestelike album uitbring, moet jy bereid wees om al die pad gaan. Jy moet die regte soort gel in jou hare smeer en jy moet optree by gospelfeeste en jy moet in elke onderhoud sê jy werk aan jou huweliksprobleme. Ek was eenvoudig nie dedicated genoeg om al daai effort in te sit nie."
Up the Creek 2015
2015-02-04 "Up The Creek se waterverhoog is ’n seën en ’n vloek ... Die 'Blyderivier' is die een ding waarop nét UTC aanspraak kan maak – en dit tel vir baie."Rate hom met Renata: Seemeeu
2015-02-03 Is dit Russies wat jy tussendeur hoor? In hierdie YouTube-onderhoud gesels Renata Redelinghuys met Cintaine Schutte oor Seemeeu wat by US Woordfees 2015 te sien is.Gerrit Rautenbach praat oor reis en veral oor mooiloop
2015-02-03 "Die diep Namibwoestyn. Die Krugerwildtuin. Vic-waterval aan die Zambië-kant. Mana-poele. Maar ook Praag, Sweedse argipel, Positano, Pai in Thailand, Beirut. Almal wonderlike plekke, maar my gunstelingreisbestemming is die volgende een op die lys."Dramaskryfskool by US Woordfees
2015-02-02 Die ATKV bied van 5 tot 7 Maart 2015 tydens die US Woordfees in Stellenbosch ’n skryfskool aan vir nuwe, jong en opkomende dramaturge.Foto's: Die 21ste Absa KKNK bekendgestel
2015-01-28 Die 21ste Absa KKNK vind vanaf 3 tot 11 April 2015 op Oudtshoorn plaas. Die program is Sondag by die Katedraal Kelder in die Paarl bekendgestel.Tien vrae: Deon Meyer oor Ikarus
2015-01-26 "Enigiemand wat ’n boek klaar skryf en gepubliseer kry, is my held."Festival voor het Afrikaans 2016
2015-01-21 Die volgende Festival voor het Afrikaans word in 2016 in Nederland en België aangebied. Hier is die eerste inligting.Rate hom met Renata: Rondomskrik
2015-01-20 In hierdie YouTube-onderhoud gesels Renata Redelinghuys met Richard September oor sy agt karakters in Rondomskrik wat by US Woordfees 2015 te sien is.US Woordfees 2015: Sanlam | LitNet-poësieslypskool
2015-01-06 Jy kan nog inskryf vir hierdie slypskool. Kom skaaf saam met Lina Spies, Ronel Foster, Danie Marais en Nini Bennett aan jou gedigte by US Woordfees 2015. Kontak LitNet teen die 11de Februarie. Lees nog besonderhede hier.US Woordfees 2015: Letterkunde en die liefde, teks en seks
2015-01-06Bekende skrywers bieg oor maniere waarop hulle taal gee aan die dinge van die lyf.
