
|
Die SA Book Fair vind vanjaar vir die eerste keer in die Turbinesaal in Newton, Johannesburg vanaf 31 Julie tot 2 Augustus plaas. Boekuitstallings deur uitgewers word aangevul met ’n reeks skrywersprogramme deur meer as 100 skrywers.
|
![]() |
Filmverse |
|
![]() Filmverse het nominasies vir Beste Visuele Kunste-aanbieding by die kykNET Fiëstas, die US Woordfees se Woordtrofees, asook die Absa KKNK se Kanna-toekennings ontvang. |
Saterdag en Sondag, deurlopend Die ATKV, in samewerking met Fopspeen Films, se produksie genaamd Filmverse, is ’n projek waarin ’n reeks kort animasiefilms geskep is wat geïnspireer is deur ’n seleksie van 12 Afrikaanse gedigte. Elke animasiefilm word vergesel van ’n eie klankbaan waarop die gedig onder andere voorgelees word. Die eindproduk is ’n DVD van sowat 40 minute met die twaalf animasiefilms daarop wat as ’n afsonderlike produksie vertoon word. Die Filmverse-DVD is by die DVD-vertoning te koop. |
Kortverhaalwerkswinkel met Riana Scheepers |
|
![]() |
Saterdag 09:00–11:00, Gordimer-kamer Riana Scheepers is een van die mees veelsydige skrywers in Afrikaans. Sy het reeds verskeie kortverhaalbundels, romans, poësiebundels en kinderboeke gepubliseer. Haar boeke is topverkopers, in Suid-Afrika en in die buiteland. Toekennings vir haar skryfwerk sluit in: die ATKV-Prosaprys, die FAK-prys, die Eugène Marais-prys en die ATKV-Kinderboekprys. Hierdie twee uur lange werkswinkel beloof om interessant en leersaam te wees. |
![]() Vroue verplaas grenseSaterdag 13:00–14:00, Achebe-kamer Sophia Kapp, Deborah Steinmar en Bernette Bergenthuin verduidelik hoe hulle die grense van genrefiksie toets sonder om hulle lesers te vervreem.
|
![]() Die opkoms van die vigilante in LekkerkundeSondag 11:30–12:30, Achebe-kamer Peet Venter en die krimisibbe Dibi en Henk Breytenbach filosofeer oor die rol van die vigilante in hulle boeke. Ilse Salzwedel is die gespreksleier.
|
![]() Riana Scheepers deel stories uit die kombuisSaterdag 14:30–15:30, Gordimer-kamer Riana Scheepers is ’n skrywer, kosmaker en voorvatter. In haar pragboek Vallei van melk en heuning deel sy haar kosgeheime. Marlies Scheepers, beter bekend as Sjef Snoekie, sal in gesprek wees met haar.
|
![]() Blinkgoed van stinkgoedSondag 11:30–12:00, Kinderlokaal Karen noem haarself die koningin van die vullishoop, want sy kan jou leer hoe om die mooiste kuns te maak uit daardie goed wat ander weggegooi. Baie ekovriendelik, nie waar nie? Dit is ’n prettige, praktiese werkswinkel.
|
![]() |
![]() The power of familySaterdag 11:30–12:30, Gordimer-kamer Dominique Botha, skrywer van die veelbekroonde Valsrivier, gesels saam met Leon de Kock, Masande Ntshanga, Craig Higginson en Rehana Rossouw oor die komplekse rol van familie.
|
![]() Train to Kalk BaySaterdag 10:30–12:00, Kinderlokaal Graham Isaacs gesels oor sy kinderjare. Dit was goeie jare, veral as jy met die trein kon Kalkbaai toe ry. Tog was daar hartseer ook, want Kalkbaai en talle ander plekke langs die spoorlyn was ontoeganklik vir “mense van kleur”.
|
![]() After the horror, is there humanity?Sondag 13:00–14:00, Achebe-kamer Joernalis en outeur Mandy Wiener gesels met Annemari Jansen, Carla van der Spuy en McIntosh Polela. Jansen se boek oor Eugene de Kock het pas verskyn en Van der Spuy se tweede boek, oor vrouemoordenaars genaamd Bloed op haar hande, verskyn binnekort.
|
![]() Books, blogs and flieksSaterdag 10:00–11:00, Brink-kamer Harry Kalmer gesels met Craig Higginson en Fred Strydom oor die verskille in skryfwerk vir boeke, verhoogdramas en draaiboeke vir rolprente.
|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |



















