Vrydag het 'n groep skrywers en joernaliste bymekaar gekom by die Lanzerac Hotel op Stellenbosch. By dié geleentheid is gesels oor die sukses van die US Woordfees se WOW-projek en is 'n nuwe jaarlikse projek, die Woordfees-kortverhaalbundel, bekendgestel.
Madri Victor
“Met dié bundel literêre verhale wil ons graag die skrywers, wat ons help om van die Woordfees so ’n reusesukses te maak, vereer,” sê Madri Victor, koördineerder van die fees se skrywersprogram. “Maar ook vir ons feesganger dankie sê en iets unieks aanbied.” Slegs skrywers (ook rubriekskrywers) wat reeds in papiervorm gepubliseer is, sal in aanmerking geneem word. Die betrokke verhaal self mag egter nie voorheen gepubliseer wees nie. Die idee is om nuwe, vars werk te bevorder.
Suzette Kotzé-Myburgh
Die samestellers vir die eerste bundel, wat tydens Woordfees 2016 bekend gestel sal word, is Victor, die vryskut-uitgewersredakteur Suzette Kotzé-Myburgh en Anastasia de Vries, joernalis en lektor in joernalistiek by die Universiteit van die Wes-Kaapland. Kotzé-Myburgh is ook verantwoordelik vir die projekbestuur en taalversorging. Die verhale sal anoniem gekeur word en skrywers ontvang R4 000 vir dié verhale wat opgeneem word.
Die bundel sal slegs tydens die Woordfees te koop wees. Victor sê slegs ’n beperkte oplaag sal jaarliks gedruk word. Indien daar bundels oorbly, sal dit tydens die volgende jaar se fees te koop aangebied word. Herdrukke sal nie gemaak word nie.
Slegs Afrikaanse kortverhale word aanvaar. Skrywers wat verhale wil voorlê, moet dit teen 30 Oktober 2015 hul inskrywings stuur aan [email protected].
Ruth Morgan van Groendal Sekondêr, Alta Cloete, Suzette Kotzé-Myburgh en Madri Victor
Fiona van Kerwel het die gehoor vertel van die suksesse van die WOW-projek wat die afgelope jaar meer as 180 000 leerders en studente bereik het deur skrywersbesoeke aan skole, 'n nasionale spelkompetisie en studente-ondersteuning.
Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees, het klem gelê op die feit dat die Woordfees en WOW een projek is. Sy het skrywers aangemoedig om by WOW betrokke te raak. Botha het ook versoek dat alle boeke wat moontlik verpulp kan word, geskenk word ten bate van die WOW-projek. Die Woordfees sal self die boeke gaan optel waar nodig.
Danie Marais, bestuurder van PEN Afrikaans, het genoem dat PEN Afrikaans ook projekte beplan om skryfwerk aan te moedig.
Izak de Vries het die belang van skrywersontwikkeling beklemtoon en het onder meer verwys na die sukses van die Kuier | LAPA | PEN Afrikaans Kortverhaalkompetsie.
Cheryl Dreyer
Danica van Kerwel, Wilderene Groenewald (WOW), A. Albertus en Sonia Cupido van Berandino Heights Sekondêr
Alta Cloete
Fourie Botha
Riette Rust en Helena Gunter
Etienne Bloemhof
Frieda le Roux
Marinda Meyer en Mia Oosthuizen
Carine Terreblanche
Eben Pienaar
Gerrit Rautenbach, Etienne Bloemhof en Johan Bakkes
Karin Brynard en Deon Meyer kyk na sy Apple-horlosie.
Martin Steyn
Stephanie Niewoudt
Ingrid Winterbach
Surita Joubert
Simon Bruinders en Riette Rust
Izak de Vries
Kenneth Makatees saam met Valda Jansen en haar dogter, Anna.
Jan van Tonder
Jana Hattingh en Madri Victor
Lees ook Izak de Vries se blog: US Woordfees gaan ’n kortverhaalbundel uitgee