Ilse van der Merwe2012-11-21Markdag is ’n kwylboek. Met eerste oogopslag is die foto’s verruklik, die stilering is vars en hedendaags, en daar is sommer baie resepte wat ek vir seker tuis sal aandurf. Om die waarheid te sê, dis ’n boek wat jou ure lank kan besig hou deur slegs daardeur te blaai – selfs voordat jy jou voorskoot aangesit het.
Kerneels Breytenbach2012-11-21"Brynard het die luukse om in ’n polities gemarginaliseerde taal veel meer aandag aan karakterisering te gee. Sy is daarom nie, soos Nicol, aangewese op papkamerade nie, en die tekstuur van haar skryfwerk dring daarom sterker deur tot die kern van die daaglikse lewe waar ou rassisme en nuwe naasteliefde skouers skuur."
2012-11-21Human & Rousseau en LitNet nooi Afrikaanse kortverhaalskrywers onder dertig uit om hul ongepubliseerde verhale in te skryf vir die Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd.
Wilken Calitz2012-11-20"So is mans ja, rugby liefhebbende, motormal, James Bond-manne. Die toutrek ding is bloot om ons te laat geld in ’n tyd wat ware man-wees bevraagteken word."
Louis Esterhuizen2012-11-20Met hul laaste Boekpraatjie vanjaar fokus Protea Boekwinkel (Stellenbosch) op wyle JC Kannemeyer se monumentale werk oor JM Coetzee. Hannes van Zyl en Michiel Heyns, wat onderskeidelik as redakteur en vertaler by die biografie “JM Coetzee – ‘n Geskryfde lewe” betrokke was, sal om 11:00 in die winkel oor dié besonderse werk gesels.
Johannes Comestor2012-11-19Vir my was daar drie woordwinste in hierdie boek. Wanneer iets bestudeer word soos hy nou lyk, word dit 'n heterdaadstudie genoem (p 125). 'n "Black hole" is 'n gravitasiekolk en 'n "early bird" is 'n doutrapper (p 118). Is laasgenoemde woord nie pragtig nie?
Carryn-Ann Nel, Naomi Meyer2012-11-18Carryn-Ann Nel se artikel oor Koos Kombuis, "Die onbekeerde, bekeerde Koos" (Herfs 2012) is bekroon met ’n PICA vir Beste profielskrywer van die jaar: Kliëntetydskrifte.
Johannes Comestor2012-11-15Nadat 'n mens Henry James (1843-1916) se literêre werk, bv sommige van sy romans, gelees het, maak dit sin om bv die omvattende biografie oor James deur Sheldon Novick (vol 1, 1996; vol 2, 2007) te lees.
Kerneels Breytenbach2012-11-14Namens die bestuur en lede van PEN Afrikaans wens ons ons voorsitter, Sonja Loots, hartlik geluk met die toekenning van die K Sello Duiker-gedenkprys aan haar vir haar roman, Sirkusboere.
Hennie Aucamp, Danie Botha2012-11-14Hennie Aucamp is op 20 Maart 2014 op die ouderdom van 80 jaar oorlede. Kyk na die omvattende skrywersvideo waarin Danie Botha hom uitvra oor sy loopbaan.
2012-11-14'n Prestasieprys van R50 000 is vanjaar weer beskikbaar vir ‘n projek wat die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland bevorder.
Hans Richardt2012-11-14Ek dink dat die populêre politieke konstruksie dat die meerderheid 'wittes' van 'n paar Indiese en Khoi slavinne afstam, is blatant vergesog.
Martjie Malan, Naomi Meyer2012-11-13"Dit is so deel van ons lewe, dit is iets wat ons elke dag moet doen, kosmaak en eet. Kinders word nou net meer deel van die kombuisaktiwiteite. Ek noem dit die kosmaakrevolusie vir die gesin." Martjie Malan gesels oor 'n kookskool vir kinders en 'n kookboek vir kinders (deur 'n kind).
Samantha Buitendach, Naomi Meyer2012-11-13Daar vind op Vrydag 16 November ’n unieke boekbekendstelling plaas soos wat min nog beleef het – in die Lospergevangenis in Brits.