Oestyd-skryfuitdaging: Plaaswerkers

  • 0

Plaaswerkers

Die bergspits het straks verdwaal in die môreson.

Katriena vou die wasgoed en hang dit om die draad reg langs haar. “Van waar sal my hulp kom …” Die Bybel se woorde steek in haar kop vas. Hoekom het sy hom nie gelos nie?

Armoede het hul huwelik al veertien jaar lank laat dobber in die waters van twyfel.  Sy vryf haar wang. Môre is dit Vrydag. Agter haar lyk die huise skraal teen die oggenddou se aangesig. ‘n Skamele witkalkhuisie met ‘n bed, ‘n tafel, twee stoele, haar ouma se waskom en haar gesogte juwele. Dis al.

Hartseer is om alleen te wees. En met dié dat sy sonder Jakob moet regkom, is daar so min dinge wat sy met hom moet bespreek, waarvoor sy werklik kans sien. Hy is dan nooit daar nie! Haar hande kry seer van al die werk. Maar, met sy pay is dit al lot wat haar siel kon beërwe.

Waarom is dit juis hulle wat die swaarste getref word deur armoede?

Sy sien die motors van Worcester met hul GP-nommerplate en silwer kajuitbakwerk en sy wonder: “Is dit werklik nodig?”

Die lewe het duur geword. Hoekom kan dit nie sy wees wat laks haar skouers omhoog hou en op vakansie gaan nie? Waarom moet sy soos ‘n slaaf in ‘n landery werk, en dit vir ‘n halwe brood, koffie in haar kantien en ‘n lepel suiker daarby?

Dit steek soos ‘n mens van binne. Die haat krop op teenoor die boere. Nee, hul harte – so besef sy – gee vrylik, maar hul hande is selde oop genoeg.

Toe sy in standerd sewe die skool moes verlaat, het sy maar vertrou die Vader sal sorg; hy sorg mos altyd maar. Maar, dat sy tussen vier ongenadige mure moet sit, hééldag, en kyk hoe haar lewe voor haar verbyloop … Dit, dit sien sy nie voor kans nie. Dis veral haar angs wat haat beetkry. Dis asof dit jou net nie wil laat los nie. Angs is ‘n siekte. As dit jou eers het, dan hét dit jou. En dit wil nie laat los nie. Nie totdat die laaste bietjie hoop uit jou is, en jy leeg is binne nie.

En tog gee veral die mans ontsaglik  baie om, tref dit haar. Dis asof hulle die vaders geword van ons kinders, en dié se kinders en kleinkinders. Elke Kersfees. Jaar in, en jaar uit. Haar hart trek toe. Dalk sou sy eerder self daardie geskenke vir hulle wou gee, hê! Dis nie asof sy verdomp nie hul ma is nie!

Haar hand trek saam. Sy vererg haar en storm die huis binne met die wasgoed styf gedruk onder haar regterskouer.

Die hartseer is nie dat sy wens om ‘n beter salaris te verdien nie, maar net dat mense haar sou raaksien. Selfs in die dorp en die moderne samelewing wat op jou neersien as jy ‘n kassier of ‘n helper tydens die oesseisoen is, voel sy vervreemd. Selfs hoe hulle haar behandel in die kerk. Hoekom het ons land so herverdeel geword na Apartheid? En hoekom het ons gefaal om ons eie identiteite as mense en in mekaar te erken? Wat sou geword het as die prentjie anders was? Sê nou almal se dienste was gelyk geag, en die dokters was net so noodsaaklik soos die landerywerkers? Dan sou ons met hoër respek en agting geleef het, nie waar nie? En tog sou die geleerdes verdwaal te midde van die massas wat net soos hulle voel, en is.

Katriena se gedagtes verdiep. Net deur te aanvaar wie jy is, en waar jy is sal jy ooit ‘n beter toekoms kan kweek om geluk te vind. Vir Jakob was hierdie geluk nie beskore nie. Maar, wie weet, dalk more.

“Ek hoop net dit kom gou!”

Om werkloos te wees maak jou broos, en verniel jou gees totdat jy vrees oor elke uitgawe wat jy het. Almal is bekommerd. Ons liewe Suid-Afrika het so geword. Ongeag wie jy nou eintlik moet wees. ‘n Dokter, slim, of ‘n handelaar, sonder matriek.

Sommige het ‘n uitlaatklep vir hul woede en plaas blaam op die regering. Ander moet weer eerder stilbly, anders is hulle hul werk dalk kwyt. Net om vrylik die slagoffer word van hul situasie, en dan later weer te ontplof. En toe te sien dat die jare van hegte vertroue, die band wat nimmereindigend kon bly, in duie stort en soos die blare verdor en afbreek. En verlore gaan.

En die kalmte vervang word deur verwydering. En spanning saam met probeer om die vuur kom sit. En dit terwille van die werk wat gedoen moet word.

“Vanwaar sal my hulp kom?” wonder sy.

Sy weet self nie. Die berge lyk skielik bleek teen die vaal môreson.

 

 

 

 

Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top