Oestyd-skryfuitdaging: Parstyd

  • 0

Parstyd

deur die hitte getem tot ’n trae pas
het die snyers, stille draers van jare se swaarkry
hulle dagtaak met mandjies vol druiwe
skouerhoog tussen die rye gedra

by menige snyer het die veertigs se hitte
met haar eie veertigs se gloede gestoei
en soos die veertigs ’gaande respek afdwing
het droë kele die woordjolyt vir later gebêre

die vallei van die wamakers wil opnuut herinner
die parskuip se sap met sweet van die lyf gemeng
lê met ’n vonkel in die glas agter die kurk en gis

 

 

 

 

Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top