Chrizane se top vyf leeskeuses vir die dag: Vrydag 21 Desember 2012
“Die stem van Somalië” (Beeld)
“Die Somaliese skrywer Nuruddin Farah was tot onlangs ’n banneling uit sy geboorteland. Tog het hy oor dekades ’n stroom romans geskryf wat aan die buitewêreld ’n blik bied op die moderne Somaliese samelewing. Dié bekroonde skrywer woon deesdae in Kaapstad, en het vroeër vanjaar by Wits ’n openbare lesing oor sy werk gelewer. Marita Nortjé het gaan uitvind oor die man, sy liefde vir boeke en sy tuisland, en sy slag met die geskrewe woord.”
“Om te ontpit, nie te ontpit” (Rapport)
“Somer in Frankryk is kersietyd. As jy gelukkig genoeg is om ’n paar kersiebome agter die huis te hê – en jou gulsige gesin kan nie die sappige vars kersies vinnig genoeg verslind nie – sal jy waarskynlik ’n tradisionele Franse nagereg met die fraai naam clafoutis aandurf,” skryf Marita van der Vyfer.
“Die verhaal van 32 Bataljon” (Die Burger)
“Danksy insae in nuwe dokumente het Piet Nortjé wéér ’n geskiedenis van 32 Bataljon opgeteken. Dié keer vertel hy ook die storie van ‘die manne in die loopgrawe’, het hy aan Kirby van der Merwe gesê.”
“Salman Rushdie defends his right to call Mo Yan a ‘patsy’” (The Guardian)
“‘It is not for Pankaj Mishra to tell me not to criticise the literature laureate,’ writes The Satanic Verses author in letter to The Guardian.”
“50 best literary insults” (shortlist.com)
Here’s a list of the 50 greatest literary putdowns.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

