Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys 2013

2013-10-08 Daar is sterk kompetisie vir die 2013 Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie. Die drie beoordelaars het die volgende kortlys opgestel.

Ilza Roggeband: "Boek skryf is nogal ’n skrikwekkende ding ..."

Henry Cloete, Ilza Roggeband 2013-10-08 "Ek het ’n redelike idee gehad waar ek wou eindig, maar ek het eers na ’n paar hoofstukke op die moordenaar besluit. Toe ek besluit het wie dit is, was ek baie versigtig om niks te verklap sodat die leser dit moet uitvind nie ..."

Opening of Mamelodi reading room

2013-10-03 The University of Pretoria Faculty of Humanities invites you to the opening of the reading room at the Dr IM Monare Primary School as part of an institutional community service initiative.

Sophia Kapp gesels oor Driehoek

Sophia Kapp, Naomi Meyer 2013-10-01 "Die feit dat romantiese fiksie ontvlugting is, beteken nie dat 'n mens nie sosiale probleme daarin kan aanraak nie. Die goedvoel-ding is meer kompleks as wat die meeste mense besef: jy kan jou leser regtig optel net as jy haar eers die donker kant gewys het."

As die wind kom draai tydloos relevant

Nini Bennett-Moll 2013-10-01 "Bostaande stukkies dialoog onderstreep dat die vestiging van die meesternarratief histories deur die optekening van die heersende magsdiskoers bepaal is, terwyl die slawe, diensbodes en matjiesgoedmense oorwegend ongeletterd was."

Skryf, etikette en 'n blik op Lewensblik

Marzanne Leroux-Van der Boon, JB Roux 2013-10-01 "In die letterkunde, en veral hier by ons, moet ’n skrywer nou maar eenmaal betitel word en daardie titel hou jy, al doen jy wat jy wil." Marzanne Leroux-Van der Boon gesels oor Lewensblik.

Hilary Spurling: La Grande Thérèse

Johannes Comestor 2013-10-01 "Die les wat 'n mens uit Thérèse se lewensverhaal kan put, is seker dat misdaad nie loon nie."

Voorsittersverslag by geleentheid van die tweede ledevergadering van PEN Afrikaans

Sonja Loots 2013-10-01 "Daar is groter duidelikheid oor die identiteit van PEN Afrikaans en oor die soort projekte waarop ons in die toekoms wil fokus." Sonja Loots lewer verslag oor PEN Afrikaans se werksaamhede.

Score my 'n gwai: Foto's van bekendstelling

2013-10-01 Score my 'n gwai deur Marlize Hobbs is op 14 September 2013 in Hatfield bekendgestel. Protea-boekwinkel deel hul foto's met LitNet.

’n Reis huis toe met Gert Vlok Nel, Confucius en die Spook van Johannes Kerkorrel

Koos Kombuis 2013-10-01 "In die ou tyd was ek bang vir vlieg. Ek was bang, want ek wou nog lewe. Deesdae is ek net moeg. Vlieg is vervelig. Dit neem twee uur voordat ons verby die effense turbulensie is en ek my bagasie kry. Tot my verbasing is ek in Lanseria."

Klimtol speel én besin

Louise Viljoen 2013-10-01 "Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens oopgestel word vir ’n wye spektrum van menslike ervaring, maar daar ook erkenning gegee word aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong, of dit nou dié van die gesin of die eerste bron van inspirasie is."

Kasrils’s battle for a free South Africa

Puleng Kuneshe 2013-10-01 "In the fourth edition of his memoir, Armed and dangerous, former intelligence minister Ronnie Kasrils recounts his journey as an Umkhonto we Sizwe operative and a member of cabinet following the collapse of apartheid."

Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2014

LitNet Boeke en skrywers 2013-09-29

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig met graagte aan dat aansoeke ingewag word vir die Jan Rabie Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2014.

’n Misdaadskrywersfees

2013-09-27 Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), in samewerking met ’n aantal Suid-Afrikaanse uitgewerye, stel ’n fees van misdaadskrywers bekend wat oor drie provinsies sal strek. 

Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk: Kortlyste vir 2012

2013-09-26 Die kortlyste van die Universiteit van Johannesburg  se twee pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans is bekend.

Erfenisdag 2013 en Suid-Afrikaanse helde en ikone

Wendy Maartens, Naomi Meyer 2013-09-25 "Enigiemand wat aspirasies het om ’n held te word, gaan wreed ontnugter word. Die meeste mense oor wie ek vir hierdie boek navorsing gedoen het, was doodgewoon."

Foto's: M-Net se literêre pryse vir 2013 word aangekondig

Naomi Bruwer 2013-09-25 Die ontvangers van M-Net se literêre pryse is Vrydag in Johannesburg aangekondig. Dié pryse word jaarliks toegeken aan Suid-Afrikaanse skryfwerk in enige van die 11 amptelike landstale. Naomi Bruwer het die glansryke geleentheid kamera-in-die-hand bygewoon.

ATKV Boekoase by Clover Aardklop 2013: Foto's en program

Naomi Bruwer 2013-09-25 Clover Aardklop is in volle swang. Die ATKV Boekoase is een van die plekke waar jy gratis kan kuier, met boekgesprekke en diskoers op die program.

Jack Flam: Matisse and Picasso

Johannes Comestor 2013-09-23 "Uit Flam se agtergrond as Matisse-navorser en -skrywer moet egter nie afgelei word dat hy eensydig kant vir Matisse in sy mededinging met Picasso gekies het nie."

Haar naam is Ragel: 'n resensie

JB Roux 2013-09-23 "Haar naam is Ragel slaag as storieboek én as ’n Christelike roman, een wat nie te ver vir oorsese eweknieë (wat gereeld in Afrikaans vertaal word) hoef terug te staan nie."
Top