Kortlyste vir UJ-pryse bekend gemaak

  • 0

Vyf NB-titels het die kortlyste vir die 2014 Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk in Afrikaans gehaal. In die debuutkategorie ding Nathan Trantraal met sy digbundel Chokers en survivors (Kwela) mee teen Dominique Botha (Valsrivier) en Cas Wepener ( Dubbelfoto). Vier van die vyf titels wat in die hoofkategorie gekortlys is, het by NB-Uitgewers verskyn:

Hierdie mens deur Wilma Stockenström (Human & Rousseau)
Klimtol deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
Kaar deur Marlene van Niekerk (Human & Rousseau)
Wolf, wolf deur Eben Venter (Tafelberg)

Rooi Jan Alleman deur Francois Loots (Umuzi) is ook gekortlys in hierdie kategorie.

Kaar is reeds vroeër vanjaar met die Hertzog-prys vir poësie bekroon. Kaar, Chokers en survivors en Hierdie mens is al drie ook gekortlys vir Media24 Boeke se Elisabeth Eybers-prys vir poësie. Wolf, wolf en Klimtol het ook die kortlys vir die W.A. Hofmeyr-prys gehaal, en die Engelse vertaling van Wolf, wolfis boonop op die kortlys vir die Sunday Times-toekennings wat binnekort aangekondig word.

Chokers en survivors deur Nathan Trantraal

 

Die wenners van die UJ-pryse word Vrydag bekend gemaak

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top