2013-09-11PEN Afrikaans, ’n groepering skrywers, joernaliste, uitgewers, akademici en ander woordpraktisyns wat hul onder meer vir mediavryheid beywer, vind die sluiting van die Noordwes-Universiteit se studentekoerant, Die Wapad, ongerymd en betreurenswaardig.
"Jou kind is jou kind, ongeag. Volmaak geskape deur die Here onse God. Punt. Durf ek, wat myself ’n Christen noem, dan sy handewerk bevraagteken die dag as en wanneer my kind haar gay-wees aan my toevertrou?"
Naomi Meyer2013-09-11Op die verhoog van die Fugard-teater sit van die grootste name in die Afrikaanse spanningsfiksiebedryf: Deon Meyer, Karin Brynard, Kerneels Breytenbach en ‘n nuweling in hierdie genre, Ilza Roggeband. Naomi Meyer het gaan luister hoe hulle oor hierdie wye onderwerp gesels.
Jan Braai, Naomi Meyer2013-09-11Jan Braai se doelwit is om Nasionale Braaidag as dié vakansiedag op Suid-Afrikaners se almanak te laat uitstaan. Sy eerste boek, Vuurwerke, word beskryf as "’n omvattende ensiklopedie van hoe om te braai". Nou is sy tweede boek, Vuurwarm, op die rak. Naomi Meyer het hom kort voor Erfenisdag 2013 hieroor uitgevra.
Ilse van der Merwe, Naomi Meyer2013-09-11In Jan Braai se jongste boek, Vuurwarm, staan daar by die erkennings: "Ilse van der Merwe het aangebied om te help en sy was reg!" Maar wie is hierdie Ilse van der Merwe van wie Jan Braai praat?
Johannes Comestor2013-09-10"Naas Sachs se belesenheid en deskundige insig is die grootste wins vir die leser moontlik die aandag wat die outeur op die eerste drie dele van die 9de Simfonie vestig."
Izak de Vries2013-09-10Op Woensdag 4 September het Kristel Loots en ST Potgieter, ’n kliniese sielkundige, ’n baie interessante gesprek gehad oor 'die ander vrou' – die onderwerp van Kristel se jongste roman.
Izak de Vries2013-09-10LAPA se skrywers het by drie geleenthede opgetree by Tulbagh Lentekunsfees op Saterdag 7 September 2013. Izak de Vries het foto's geneem.
2013-09-09Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit is die eerste Afrikaanse verwerking van die antieke Chinese I Ching, of ‘Boek van veranderinge’, vertaal en geïllustreer deur Koos Kombuis.
2013-09-09Die perfekte balans tussen aggressiewe optrede en ’n kalm, deernisvolle houding. Werk hard, maar moenie jouself ooreis of op ander trap om te kry wat jy wil hê nie.
Malvern van Wyk Smith2013-09-06"Now he is gone. Moreover, he died in the very week of the 11th anniversary of that astounding visit in August 2002. The loss to the world of English letters is immense, and all over the world memorial services will be held and memories and appraisals will be voiced in many important places."
Joan Hambidge2013-09-06"Die vrye vers behoort net deur ‘n geoefende digter geskryf te word. Dit is immers, soos Robert Frost opgemerk het, soos om tennis te speel sonder ‘n net."
Marike van der Watt2013-09-05"Die akademie is natuurlik ’n baie bekende omgewing vir Breytenbach ... Hierdie agtergrond span sy goed in, en die leser kry ’n goeie kykie (hoewel effens oordrewe, danksy die satiriese inslag) in die ratwerk van ’n groot akademiese instelling."
Jonathan Amid2013-09-04"Whether you read his latest work as a playful homage to the hard-boiled heroes of the 1930s, find the crossing of boundaries between fact and fiction a source of interest, or just want to read a white-knuckle thriller about the not-quite state of the nation, Nicol’s your man."
Jaco Botha2013-09-04A casual conversation between Of Cops & Robbers author Mike Nicol and Jaco Botha, who translated the novel into the Afrikaans as Dieners & Donners.
Johannes Comestor2013-09-04'n Onlangse byvoeging tot die Kafka-literatuur is Robert Cohen se Klopstock, or The Distant Sound. Die outeur kombineer sy kennis van Kafka met verbeelding. Die teks kan feitsie (feite + fiksie, "faction") genoem word.
2013-09-04Entry for the City Press book award of R60 000 is now open. The award is made annually to enable a writer to complete a nonfiction manuscript.
2013-09-04Karoo-kantate is Marié Heese se eerste jeugverhaal in meer as twee dekades. Tafelberg en Protea Boekwinkel nooi jou na die bekendstelling op 21 September.
Marlize Hobbs, Nathan Trantraal2013-09-04“Om te skryf is ’n eensame ding en dis oukei om soms eensaam te voel maar dan wil jy uit ’n state van connectedness uit slip into daai loneliness, die eensaamheid kan nie eerste wees nie, jy makeer ’n plek om na terug te keer as jy klaar geskryf het.”