Die wenners van die 2014 Media24 Boeke Literêre Pryse en die Jan Rabie Rapport-prys is Vrydagaand tydens ’n glansgeleentheid by die Brundyn-galery in Kaapstad aangewys. Totale prysgeld van meer as R200 000 is aan die wenners oorhandig. Hulle is:
![]() |
Recht Malan-prys vir die beste Afrikaanse of Engelse niefiksie The Hidden Thread: Russia and South Africa in the Soviet Era deur Irina Filatova en Apollon Davidson, uitgegee deur Jonathan Ball Die ander titels op die kortlys was: Into the River of Life: A Biography of Ian Player deur Graham Linscott (Jonathan Ball) en Die oorlog kom huis toe/ The War at Home deur Albert Grundlingh en Bill Nasson (reds.) (Tafelberg). Die beoordelaars was John Maytham, Elsa van Huyssteen en Tony Morphet. |
|
|
|
![]() |
WA Hofmeyr-prys vir die beste literêre werk in Afrikaans Die ander titels op die kortlys was: Donkerland deur Kerneels Breytenbach en Deon Opperman (Tafelberg), en Wolf, Wolf deur Eben Venter (Tafelberg). Die beoordelaars was Ronel de Goede, Andries Visagie en Amanda Lourens. |
|
|
|
![]() |
Herman Charles Bosman-prys vir die beste literêre werk in Engels Shadows deur Novuyo Rosa Tshuma, uitgegee deur Kwela |
|
|
|
![]() |
MER-prys vir die beste jeugroman Sharp Edges deur S.A. Partridge, uitgegee deur Human & Rousseau Die ander titels op die kortlys was: Amper Einstein deur Christien Neser (Tafelberg) en Dit vat guts deur Annelie Ferreira (Human & Rousseau). Die beoordelaars was Susan Samuel, Alet Mihalik en Jomarié Dick. |
|
|
|
![]() |
MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek In die land van pamperlang deur Linda Rode en geïllustreer deur Johann Strauss, uitgegee deur Human & Rousseau Die ander titels op die kortlys was: Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die maan deur Elizabeth Wasserman, geïllustreer deur Astrid Castle (Tafelberg), en Sisi gaan skool toe en ander stories/ Sisi Goes to School and Other Stories deur Wendy Hartmann, geïllustreer deur Joan Rankin (Human & Rousseau). Die beoordelaars was Lona Gericke, Paddy Bouma en Magdel Vorster. |
|
|
|
![]() |
Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk in Afrikaans Valsrivier deur Dominique Botha, uitgegee deur Umuzi Die ander titels op die kortlys was: Koljander deur Carié Maas (Human & Rousseau) en Slagyster deur Rudie van Rensburg (Queillerie). Die beoordelaars was Chris van der Merwe en Danie Marais. Hettie Scholtz was die adviseur.
|
|
|
|
![]() |
Elisabeth Eybers-prys vir digkuns in Engels of Afrikaans Kaar deur Marlene van Niekerk, uitgegee deur Human & Rousseau Die ander titels op die kortlys was: Chokers en survivors deur Nathan Trantraal (Kwela) en Hierdie mens deur Wilma Stockenström (Human & Rousseau). Die beoordelaars was Henning Pieterse, Helize van Vuuren en Francois Smith.
|
|
|
|
Boeke wat in 2013 by Media24 Boeke verskyn het, kom in aanmerking vir die toekennings. Die Jan Rabie Rapport-prys word egter toegeken aan ’n debuut- of vroeë werk wat by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. ’n Totaal van 98 inskrywings is vanjaar ontvang en altesaam drie werke is in elke kategorie gekortlys.
Dit is vanjaar die eerste keer dat die Elisabeth Eybers-prys vir digkuns toegeken is. Vroeër het digbundels met kortverhaalbundels, dramas en romans meegeding om Media24 se WA Hofmeyr-prys vir fiksie.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.








