Romanza is nege jaar oud

  • 0

Romanza, LAPA se druknaam vir romanses, is vandag, 4 Junie 2014, nege jaar oud. Om dit te vier, gee LAPA nege geskenkpakke weg.

Nege gelukkige lesers kan vir ses maande lank twee splinternuwe Romanzas in die pos ontvang.

Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom, is om hulle e-posadres aan Marí Beukes te stuur (by marib@lapa.co.za) met die onderwerp ROMANZA. Daarmee gee die leser vir LAPA toestemming om hul nuusbrief aan dié adres te stuur, en so kom die inskrywing in aanmerking vir een van hierdie heerlike pryse. Inskrywings sluit Donderdag, 12 Junie 2014.

Charlene Hougaard, wat aan die spits van LAPA se Romanza-druknaam staan, sê: “Ná nege jaar vier Romanza steeds die liefde. Elke maand verskyn daar vier splinternuwe Romanzas, en kan lesers tussen die blaaie van hierdie boeke wegraak en heerlik ontspan. Bekende en nuwe skrywers vermaak lesers met helde en heldinne wat uiteindelik, ná vele struikelblokke, wel by mekaar uitkom.”

Hier is twee interessante feite:

  • Wanneer jy ’n romanse lees, veroorsaak dit ’n chemiese reaksie in die brein wat jou laat goed voel.
  • Dié chemiese reaksie verlig stres op ’n natuurlike manier.

Dié genre is al meer as 100 jaar oud, maar dit pas ook aan by die tye. Marí Beukes, LAPA se köordineerder van digitale projekte, het laat weet: “Romanzas in e-formaat word verslind. Met nagenoeg 300 Romanzas wat digitaal beskikbaar is, kan ons net nie voorbly om die lesers se behoefte aan hierdie leesstof vinnig genoeg aan te vul nie. Elke maand vul ons die rak met splinternuwe en uitdruk Romanzas aan – tot groot opgewondenheid van lesers sowel as skrywers.”

Die laaste woord gaan aan Hendri Warricker, bemarkingshoof van LAPA, wat die sukses van die Romanza druknaam só opsom: “Wat is lekkerder as om voor ’n kaggelvuur op te krul met ’n stomende koppie Milo, ’n snoesige kombers en lekkerleesboek wat aan al jou verwagtinge voldoen: liefde, intrige, ’n sterk held en ’n heldin wat weet wat sy wil hê? Romanza doen dit al nege jaar en daar is nog vele om te kom.”

* * *

Romanzas is by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Lesers kan ook by die Romanza-klub aansluit om maandeliks groot besparings te kry op hulle gunstelingboeke.

Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top