Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Boekbekendstelling van Branderjaer deur Joha van Dyk: Stellenbosch Books

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-11-05

Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Branderjaer op Dinsdagaand 10 November om halfses die aand. Hier is nog inligting.

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

Naomi Meyer, Marlize Hobbs Skrywersonderhoude 2020-11-04

"Ons skep ons eie waarhede. Lesers besluit self wat hulle wil glo en wat hulle nie wil glo nie, maar glo mý dan: Die emosies in die verhaal is universeel vir ons almal."

Dalk postmoderne Sprokiesland se voorland: Prinsesse se #wetoo-slagspreuk

Amanda Botha Lesersindrukke 2020-11-02

"Hierdie nuwe generasie prinsesse beplan hul eie roetes. Wat meer is, hulle weet dat, as dinge skeef loop, daar ’n oorlewingsgids is – ’n soort GPS vir die pad vorentoe."

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Marita van der Vyver Kwarantynketting 2020-10-30

"By die huis moet ek my dogter bel om vir haar te sê dat ek nie Parys toe kan kom om haar 21ste verjaardag oor ’n maand saam met haar te vier nie, want ons gaan heel waarskynlik nog ingeperk wees."

Pasverskyn: Jou geldsake deur Theo Vorster

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-30

"Wat nou? Hoe hou ek kop in sulke onseker tye? In Jou geldsake gee Theo Vorster riglyne oor hoe om rasionele langtermynbesluite in moeilike omstandighede te neem."

Twee ATKV-Woordveertjies vir Fanie Viljoen: 'n Onderhoud

Izak de Vries, Fanie Viljoen Onderhoude 2020-10-29

"Ons leef in onsekere tye. Mense probeer op die een of ander manier ankers teen die storms kry."

#ROSACon2020 – Romance writers Organisation of South Africa se eerste aanlyn konferensie

Cliffordene Norton Boeke en skrywers 2020-10-29

"#ROSACon2020 is aanlyn gehou, met ’n daaglikse tema. Die aanlyn konferensie was ’n uitstekende geleentheid – bywoners kon by van die beste internasionale romanseskrywers leer hoe om hul skryfkuns te verbeter."

Jaco Jacobs, wenner van twee ATKV-Woordveertjies: 'n onderhoud

Izak de Vries, Jaco Jacobs Onderhoude 2020-10-29

"Die beste stories is dié waarin doodgewone mense ongelooflike dinge doen. Ek het in die Karoo grootgeword, waar mense mekaar se stories ken, en dit het van kleins af ’n groot indruk op my gemaak."

Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis: ’n lesersindruk

Alexander S Mickel Lesersindrukke 2020-10-28

"Elke keer wanneer ek die boek weer opgetel het, is ek weer direk in die storie in verplaas. Dit mag dalk vreemd klink, maar soms het dit gedurende die lees vir my gevoel asof my gesig met stof bedek is, al het ek op my rusbank gesit en gelees."

Jeanne Goosen (1938–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-10-28

“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.”

Eietyds en eiesinnig: Lynthia Julius "vry met getroude sinne / en ligtekooi met reëls"

Karen de Wet Resensies 2020-10-27

"Die self aan die woord in hierdie bundel is meervoudig en kompleks, soos ook die onderwerpe wat sy ophaal en waaruit sy sin, en poësie, maak. Uit die smeltkroes van leef en beleef word gedigte gefiltreer wat ondersoek instel, aan die lig bring, stelling inneem, deklameer en aandring op erkenning."

Virtual launch: 40 Years of Iconic Food by Dorah Sitole

LitNet Books and writers 2020-10-23

CNA and Human & Rousseau invite you to join us for the virtual launch of 40 Years of Iconic Food by Dorah Sitole.

Regulating religion: State governance of religious institutions in South Africa deur Helena van Coller

Wim Dreyer Lesersindrukke 2020-10-23

"Van Coller bespreek die rol van godsdiens in die gemeenskap, die verhouding tussen godsdiensinstellings en staatsinstellings, onderwys, finansiële bestuur, die huwelik, die verhouding werkgewer/werknemer en algemene bestuursbeginsels. Dit maak die boek besonder relevant ten opsigte van die praktyk en die uitdagings waarvoor kerke en ander godsdienstige instellings te staan kom."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Rudi MR Venter

Willie Burger, Rudi MR Venter Boeke en skrywers 2020-10-22

In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Rudi MR Venter met Willie Burger oor boekstudies – en al die dissiplines waarmee dit skakel: uitgewers, skrywers, kultuursosioloë en argivarisse. Wat behels hierdie vakgebied en wat is die belang daarvan?

Eerste slukkie: Jan Braai se Braaibroodjies en burgers

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2020-10-22

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Vandag deel Jan Braai ’n resep uit sy jongste boek.

Pasverskyn: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-22

"Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan ’n mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans?"

Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: ’n onderhoud

Liné Loff, Ryan Pedro Skrywersonderhoude 2020-10-21

"So much soos wat die boek ’n vraagstuk oor coloured masculinity is, is dit ook ’n portrait van hoe ek dit observe het as ’n laitie."

MM Walters (1929–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-10-21

"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Persvrystelling: die wenner van die Helgaard Steyn-prys 2020

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-20

Die Dao van Daan van der Walt is aangewys as die wenner van die Helgaard Steyn-prys 2020.

Die versoeking van Thomas Maas deur Chris Karsten: ’n resensie

Elkarien Fourie Resensies 2020-10-20

"Tog kom die verwagte skuldenaar nie na vore nie en jy begin twyfel of dit ooit so gebeur het. Dit maak van Die versoeking van Thomas Maas ’n veelvlakkige, tergende en verrassende sielkundige roman."  

Top