Persverklaring: Ingrid Jonker-prys – kortlys 2021

  • 0


Die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse debuutdigbundels wat in 2019 en 2020 gepubliseer is, is pas bekend gemaak. Die prys word jaarliks beurtelings aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken.

Vyftien bundels is voorgelê. Die volgende bundels verskyn op die kortlys (in alfabetiese volgorde volgens die digters se vanne): Lynthia Julius (Uit die kroes), Ryan Pedro (Pienk ceramic-hondjies) en Gisela Ullyatt (Die waarheid oor duiwe). Die wenner word op 1 Julie bekend gemaak.

Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters. Vanjaar is die beoordelaars Corné Coetzee, Johan Myburg en Susan Smith.

Ronel de Goede is die sameroeper van die Ingrid Jonker-pryskomitee. Die ander komiteelede is Vincent Oliphant en Marius Crous. Danie Marais, vorige voorsitter, tree as adviseur op.

Lees ook:

In memoriam: Gisela Ullyatt, née Weingartz (1977–2020)

UJ-pryse 2021: Commendatio vir Ryan Pedro se pienk ceramic-hondjies

Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: ’n onderhoud

Eietyds en eiesinnig: Lynthia Julius "vry met getroude sinne / en ligtekooi met reëls"

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top