Pasverskyn: Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johann Burger en Aslam Fataar

  • 1

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole
Johann Burger en Aslam Fataar

Uitgewer: African Sun Media
ISBN: 9781991201119

Hierdie boek dien as ’n hulpbron of roetekaart vir enige student, opvoeder, onderwysdistrikspersoneellid of enige ander persoon wat by die onderrig en opvoeding van mense betrokke is en na verbeterde leeruitkomstes streef. Leer- en onderrigprosesse vind binne bepaalde leerruimtes of leeromgewings plaas, en elk van hierdie ruimtes het ’n unieke karakter asook potensiaal wat wag om ontsluit te word. Onderrig of die oordrag van kennis kan in byna enige ruimte, soos ’n klaskamer, laboratorium, tuin of onder ’n boom, plaasvind. Ongeag op watter ruimte daar vir leer en onderrig besluit word, moet daar deurgaans fyn besin word oor hoe om die potensiaal wat in die verskillende leerruimtes opgesluit lê in die beste belang van die leerders of studente te ontsluit, aangesien dit ’n direkte invloed op leeruitkomstes en akademiese prestasies kan uitoefen.

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Anthony "Speedo" Wilson

    Klink baie goed net jammer die inligting is so skamel. Dit sê nie veel nie. 'n Paar voorbeelde sou die boek net daai nodige hupstoot geee het. Op die oomblik moet ons julle vertrou want julle sê maar min oor so 'n belangrike onderwerp!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top