Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Pasverskyn: Daar’s ’n towerponie in my bed deur Martelize Faber

LitNet Boeke en skrywers 2023-03-15

Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander ...

Martie Preller (1948–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-03-15

"Skryf is vir my om met verwondering te ontdek, groot-oog soos ’n kind, dat daar ’n Babalela en ’n Balkie in elkeen van ons is." Lees oor Martie Preller se lewe en werk.

Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma deur Julian Müller, ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2023-03-14

"Hierdie belydenis van onder andere Jesus wat gebore is 'uit die maagd Maria', 'die opstanding van die vlees' en die 'ewige lewe' maak vir baie gelowiges nie meer sin in die wêreld waarin ons vandag leef nie."

Persverklaring: Jerzy Koch van Pole se Polkadraai by NALN!

LitNet Boeke en skrywers 2023-03-14

Jerzy Koch se tweede Afrikaanse digbundel Polkadraai word op Donderdag, 16 Maart 2023, om 18:00 by NALN bekend gestel.

Persverklaring: Verhaal oor ons lewe van doofheid deur Annette Humphries

LitNet Boeke en skrywers 2023-03-14

Sonder om simpatie of bejammering na te jaag, vertel die skrywer die verhaal van ’n dowe gesin en hulle oorkoming van belemmeringe, dinge wat horendes as vanselfsprekend aanvaar.

Wraak! ’n Lesersindruk van Hunting time deur Jeffery Deaver

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-13

"Die skrywer stel gewoonlik sy plot soos ’n ervare bommaker saam – booby trap op booby trap."

Gladnietrap

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2023-03-10

"Wat gaan van daardie titels word? En die 'vergete' werke van ander skrywers? Gaan ons die werk van vorige geslagte van skrywers, uitgewers en akademici maar laat gaan?"

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: foto’s van Bloubergstrand-bekendstelling

Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2023-03-09

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen is op 8 Maart 2023 in Bloubergstrand bekendgestel. Dercksen het met Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder van LitNet, oor Elmarié se boek gesels. Hier is ’n paar foto’s van die geleentheid. 

I did not die: an interview with Tebello Mzamo

Naomi Meyer, Tebello Mzamo Books and writers 2023-03-09

"When I was writing the story I was just being a storyteller. And when it comes to different genders, races or ages when writing, I always think of characters as people and that everyone deserves to have their story told."

Hulde aan wyle Martie Preller: Sy het gedoen wat sy moes doen

Magdel Vorster In memoriam 2023-03-09

"Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur se Martie se stem is stil, maar haar stories en karakters leef voort."

Boeiend en met deernis: The price of mercy deur Sean Davison, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-03-09

"’n Mens sal ’n fout maak om te dink dat hierdie onderwerp een is waarby jy geen belang het nie. Die mens se lewe kan in ’n oogwink verander na aanleiding van ’n motorongeluk, ’n diagnose, of wat ook al die geval mag wees. Dit is inderdaad wat met talle mense gebeur het wie se stories in hierdie boek gedokumenteer word."

In gesprek met Marida Fitzpatrick, fiksie-uitgewer by Penguin Random House

Izak de Vries, Marida Fitzpatrick Boeke en skrywers 2023-03-08

"Ek wil hierdie drukname verder vestig en uitbou sodat alle Afrikaanse skrywers en lesers weet hulle het ’n natuurlike tuiste by die Lapa-Pikkewyne."

Elders gesien: Moet namens die leser besluit word wat is goeie leesstof?

Marnus Hattingh Elders gesien 2023-03-08

"Moet ons terugkeer na die ou SAUK, toe gesê is die volk moet na Danie Botha se 'Wenners!' luister en nie Kerkorrel nie? Ons luister by die boekwinkel se till."

Eastern Cape authors, please be heard at these public hearings!

PEN Afrikaans Kopiereg-wetsontwerp 2023-03-07

Authors deserve better than what the legislature has given them in the Copyright Amendment Bill that has been railroaded through Parliament despite local and international opposition. Authors’ associations are calling on our members, as well as other authors and interested parties, to spread the word about this bill and to petition against its adoption. Here are the dates and venues to do so in the Eastern Cape.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2023

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2023-03-07

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Kompetisie: Jy kan ’n stomende Romanza wen

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2023-03-06

Penguin Random House en Romanza gee ’n kopie van Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks weg.

Eerste slukkie: Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2023-03-06

"Die man is mooier as die sonsondergang. Nee. Hy is mooier as die sonsondergang, die jacuzzi én die bloue see."

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Doen nou aansoek vir 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-03-03

Skrywers wat in 2023 vir ’n maand lank rus en vrede nodig het om tyd aan kreatiewe skryfwerk in enige genre te bestee, kan nou aansoek doen vir Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap op Cradock. Sluitingsdatum: 30 Maart 2023.

Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-03-02

"Elkeen van hierdie 42 verhale staan op sy eie, maar vorm saam ’n geheel as roman. Wat opvallend is, is hoe die skrywer in al hierdie verhale met slim taktiek en fyn nuanses die leser lok om dieper te lees, dieper na te dink en emosies te ervaar asof die leser self dáár was."

Demensie en alzheimersiekte: Ervaringsindruk van twee boeke

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2023-03-02

Louise Viljoen het persoonlike ervaring van die versorging van ’n persoon wat hulp nodig het. Sy resenseer hiermee twee boeke, Beurtelinge deur Pirow Bekker en Tussen die hamer en die aambeeld … met alzheimers deur Wilna Hugo. Sy skryf die resensie in die vorm van twee ervaringsindrukke.

Top