Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Twee Suid-Afrikaners kan die wêreld iets leer: ’n lesersindruk
2023-02-09"Ek voel sterk dat die antwoord in Suid-Afrika lê. Jaco Wolmarans se Ivoor en Dibi Breytenbach se Buit sal nie net die leemte vul nie, maar sommer ook die genre upgrade."
In the midst of it all by Thabile Shange: a book review
2023-02-09"This book is an important literary contribution to the discourse on xenophobia in South Africa. With love at the centre, In the midst of it all demonstrates just how we’re all more alike than what we might think."
Heimwee deur Sophia Kapp: ’n onderhoud met Leonie van Rensburg, haar uitgewer
2023-02-09"Die groot aanlyn verkopers is nie primêr op die belange van die boekbedryf gefokus nie en verkoop dikwels onder die markprys om kopers te lok. Boeke word gebruik as sogenaamde loss leaders om ander verkope te stimuleer. Dit is baie nadelig vir die boekbedryf en kan op die lang duur die einde van boekwinkels beteken. Die sukses van Heimwee tot dusver is ’n duidelike bewys dat lesers steeds tradisioneel boeke by boekwinkels koop."
Ingrid Winterbach: Portret van die skrywer as kunstenaar
2023-02-09Lien Botha skilder ’n woordportret van Ingrid Winterbach as kunstenaar by die geleentheid van Winterbach se kunsuitstalling I’ve got the darkness Baby wat tot 19 Maart 2023 by die Gallery @ Glen Carlou te sien is.
Tien kilogram boeke, asseblief
2023-02-08"Wat ek eintlik hiermee wil sê, is dat daar ’n onderliggende onverenigbaarheid blyk te wees tussen die besigheidsmodel van Suid-Afrika se groot uitgewerye en dit wat die boek oor die laaste 20 jaar geword het."
Vernuwende werk: ’n lesersindruk van A quiet man deur Tom Wood
2023-02-08"Dit is tyd dat skrywers van huurmoordenaars en koverte operateurs as antihelde dieper delf om nuwe lewe in die genre, wat sedert die oorlog teen terrorisme ’n ongekende bloeitydperk beleef, te blaas."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2023
2023-02-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Fresh off the press: Things I learnt in the forest by Jayne Bauling
2023-02-08When Thoko and her mom moves from the city to a plantation in Mpumalanga, she is totally out of her comfort zone. There is no mall in sight and she has to take a taxi with the other kids from the plantation to school.
Press release: Announcement of the winner of the Philida Literary Award in 2023
2023-02-07The Philida Literary Award is awarded annually to a writer mid-career for an oeuvre of between three to five books of any genre. Here is the announcement of this year’s winner.
FA Venter (1916–1997)
2023-02-07“Ons lag vir droogtes, vir ellende, vir teenspoed. Ons lag vir die wêreld, vir onsself en vir mekaar. Partykeer lag ons eintlik van seerkry, maar wat lag is ons.”
Our poisoned land: living in the shadows of Zuma’s keepers deur Jacques Pauw – ’n resensie
2023-02-07"Die lees van Our poisoned land was vir my ’n moeilike ervaring. Dit het my genoegsaam ontstel dat ek net ’n paar bladsye op ’n slag kon lees. Dit wil voorkom asof min of meer elke deel van die staat tot aan die stingel verrot is van die korrupsie, en asof nie net die wil nie (dis al sleg), maar algaande ook die vermoë (dis erger) om hierdie kanker te klop, by die Suid-Afrikaanse staat ontbreek."
60 op 60 deur Clinton V du Plessis, ’n genuanseerde bundel
2023-02-06"Afrikaans en die Suid-Afrikaanse ervaring staan sentraal in Du Plessis se verse, maar agter al die dokumentasie van stories en karakters skuil daar ’n boodskap in Du Plessis se verse, ’n mens kan sê ’n metanarratief, wat spreek van die mens se ewige soeke na konneksie, sin, betekenis; in kort: stories."
Daar is méér: ’n gesprek tussen Estelle Kruger en Daniël J Louw
2023-02-03"Hoe gee jy gestalte aan dit wat jy nie sien nie, maar jou elke dag inspireer om sinvol te leef? Is daar ook nie tog méér as dit wat die sintuie kan sien, voel en empiries kan waarneem nie?"
Lokval: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
2023-02-03"Ek word altyd herinner aan een dag in die hof. Ek was besig om ’n vroulike getuie te kruisondervra oor my kliënt se wandade. Hy sou tronk toe gaan as hy skuldig bevind word. Halfpad deur kry die getuie ’n epileptiese aanval, net daar in die getuiebank. My kliënt het, sonder om te aarsel, oor die beskuldigdebank gespring en haar gaan help tot die ambulans opgedaag het. Ons is so vinnig om te dink boewe is net sleg en die goeie ouens is net goed."
Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (redakteur: Karen de Wet)
2023-02-03Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (Naledi) onder redaksie van Karen de Wet is op 1 Februarie in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie huldigingsbundel is die jongste in die SA Akademie se reeks vir Hertzogpryswenners. Menán van Heerden het foto’s geneem.
Gaan haal daai ou boeke. Stof hulle af.
2023-02-02"Boeke is soos jou ou foto’s, jou beddegoed en die klere in jou kas. Wanneer jy sterf, hou hulle nie ook op met leef nie. Daar is steeds gebruik in hulle oor, en wysheid ook."
Kanker
2023-02-02"Ek kan nie tong-in-die-kies oor hierdie resensie skryf nie. Té naby aan die huis."
The presidents. From Mandela to Ramaphosa, leadership in the age of crisis deur Richard Calland en Mabel Sithole: ’n resensie
2023-02-02"Op die keper beskou is hierdie boek bepaald die lees en die aankoop werd. Hoewel dit nie asembenemende nuwe insigte bring nie, is dit ’n bruikbare opsomming en bestekopname van presidensiële leierskap in ’n demokratiese Suid-Afrika. Dis nie ’n briljante boek nie, maar beslis ’n baie goeie een."
2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie
2023-02-02Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.
Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-02-01"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."
