Nou in Infrarooi deur Tom Dreyer: beleef die Stellenbosch-bekendstelling asof jy daar was

  • 0

Nou in infrarooi
Tom Dreyer

Kwela
ISBN: 9780795710728

Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en evokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. ’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.

charlie bravo kom in
een aand op colesberg ek was sewe
ons was op pad kaapstad toe sien ons twee ...

Die bekendstelling van Tom Dreyer se bundel, Nou in infrarooi, het op 26 Mei 2023 in Lou-Marié Kruger se huis in Stellenbosch plaasgevind. Lou-Marié was kurator van die gesprek en voorlesings, en Tom Dreyer het sy eie werk voorgelees. Een gedig is ook deur Tom se vrou, Vasti Roodt, voorgelees. Beleef gefragmenteerde flitse van die aand en bekyk video’s en foto’s hier onder. Alle foto’s en video’s verskyn met erkenning aan Ansurette Pretorius.

Tom Dreyer en Lou-Marié Kruger

"Waarom hier?" vra Lou-Marié.

Tom Dreyer

ons stap tussen melkbos en bokbaai

afhangende van hoe jy peil
is die afstand tussen melkbos en bokbaai
omtrent dertig kilomenter of omtrent oneindig ...

"herbesoek aan hofpark (vir jaco botha)"

Die liefde, die pa's, die mans ...

In die voorgrond: Kirby van der Merwe, Andries Visagie en Ingrid Winterbach

"road trips met Leonard Cohan"

"die subteks in jou asemhaling"

"vyftien dinge om aan te dink in ’n mri-skandeerder"

"infanta"

Verwondering ...

Willem Anker en Jennifer Pape

Gaste by die geleentheid. Links is Carolyn Meads en Carel van der Merwe sigbaar en regs staan Andries Visagie.

Naomi Meyer en Marchelle van Zyl

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top