Persverklaring: Bitterkomix is terug met BK19!

  • 0

Die voorblad

Offerlammers, heilige koeie, Judasbokke ... Die hele plaaswerf word in Bitterkomix 19 (Soutie Press, 2023) gespitbraai.

Met hul kenmerkende satiriese styl, keer Conrad Botes (Konradski) en Anton Kannemeyer (Joe Dog) terug met ’n nuwe uitgawe van Bitterkomix, die kultusstrokiesprent wat in 1992 begin is, terwyl die twee studente was aan die Universiteit Stellenbosch.

Of jy nou na links of regs neig, daar is doodgewoon geen heilige koeie of uitdrukkings vir die twee “geleentheidsmisdadigers”, die here Botes en Kannemeyer nie. Bitterkomix 19 hou ’n spieël omhoog, sodat ons kan sien hoe ons gemeenskap daar uitsien, ons skynheiligheid, ons dubbele standaarde, ons opsetlike onkunde, en ons vermyding, ten alle koste, van dit wat ons geword het.

Thomas Chatterton Williams, Ina van Zyl, Gerrit Olivier en Breyten Breytenbach lewer bydraes, en Kannemeyer en Botes lê die kern bloot van skrapkultuur, seksisme, satire, kuns, bevoorregting en mishandeling. Donker, humoristies en ongemaklik, Bitterkomix 19 is ’n sterk derduiwel.

Vrystelling:
  • In winkels Mei 2023
  • 80pp sagteband
  • RRP: R290 insluitend BTW
  • ISBN: 978-0-6397-8392-5
  • Uitgewer: Soutie Press

Bitterkomix 19 will be launched at Die Boekklub in Johannesdal, Pniel on 3 June 2023.

We will do a talk with Catherine du Toit between 3 – 4 pm, and sign books from 4 – 6pm. Drop in for the latest or available back issues and have a beer or a glass of wine.

DM for exact pin location: https://goo.gl/maps/UP2EWTc6bQ5riN9u7.

Die agterblad

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top