Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Persverklaring: 2023 kykNET-Rapport Boekpryse.

LitNet Boeke en skrywers 2022-10-27

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2023 kykNET-Rapport Boekpryse. Al die nodige inligting, sowel as die inskrywingsvorm, is hier beskikbaar.

Pasverskyn: Spreekwoorde en ander segswyses deur Anton F Prinsloo, Leon de Stadler en Amanda de Stadler

LitNet Boeke en skrywers 2022-10-27

Spreekwoorde en ander segswyses bevat 10 765 spreekwoorde en segswyses, 1 400 nuwe spreekwoorde en segswyses, en interessante inligting oor en verklarings en vertaalekwivalente vir die spreekwoorde en segswyses.

Cape Town launch: A library to flee by Etienne van Heerden

LitNet Books and writers 2022-10-27

You are invited to attend the Cape Town launch of Etienne van Heerden’s A library to flee on 9 November 2022. David Attwell will be in conversation with Van Heerden and the translator of the novel, Henrietta Rose-Innes.

Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-26

"Ek beveel The diamond eye vir lesers aan wat van historiese romans, komplotteorieë en politieke spanningsverhale hou, asook vir aanhangers van Stephen Hunter, Scott McEwen en Jack Coughlin se skerpskutterreekse."

Press release: Madibaland@Bookbedonnerd 2–5 November 2022

LitNet Books and writers 2022-10-26

LitNet has received the programme of Madibaland@Bookbedonnerd from festival director Darryl David.

An illuminated darkness: Presentation to Jacques Coetzee

Brian Walter Books and writers 2022-10-26

On 9 October 2022 the Ingrid Jonker Prize was presented to Jacques Coetzee for his collection An illuminated darkness (uHlanga Press). This is the presentation read to Coetzee at the event during the annual Tuin van Digters poetry festival at the Breytenbach Centre in Wellington.

’n Boek vir weer lees: ’n resensie van The errors of dr Browne deur Mark Winkler

Bettina Wyngaard Resensies 2022-10-25

"Die verhaal is terselfdertyd tydsgebonde en tydloos. Die spanning tussen geloof en bygeloof aan die een kant, en wetenskap en logika aan die ander, soos wat dit in Browne se lewe en in die teks uitspeel, word meesterlik uitgebeeld."

Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Anke Theron Kinderboeke 2022-10-24

"Dit kan beslis aanbeveel word om hierdie tipe boeke te gebruik as ’n ‘skelm werktuig’ om ’n brug te bou vanaf ’n kind wat lees as huiswerk en vervelig sien, na iets waarvan ’n kind sal hou om te doen."

Losweg gebaseer op ware gebeure: ’n resensie van Murasie deur Chanette Paul

Didi Potgieter Resensies 2022-10-24

"Soos in van Paul se ander werke speel die moontlikheid van die bonatuurlike ’n belangrike rol in Murasie en die suggestie van die geeste van afgestorwenes wat net nie die plaas kon verlaat nie, is sterk motivering in bepaalde karakterhandeling."

Spreekwoorde en ander segswyses: ’n onderhoud met Leon en Amanda de Stadler

Naomi Meyer, Leon de Stadler, Amanda de Stadler Skrywersonderhoude 2022-10-24

"Hierdie boek gee daarom nie voor om in alle opsigte leksikografies verantwoordbaar te wees nie – dit wil ook ’n woordeboek wees net vir die lekkerte van Afrikaans en sy ryke geskiedenis."

Kodachrome deur Tom Dreyer: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-10-24

"Mymeringe, die vervlietendheid van dinge, die stiltes op foto’s of dit wat transendentaal beweeg: Kodachrome is ’n bundel met ’n ryk stoffering van temas en ’n boeiende spel met al die wyses waarop ons na die wêreld om ons kyk."  

Persverklaring: Meer as 20 van die land se voorste skrywers braai in Klerksdorp

LitNet Boeke en skrywers 2022-10-24

Die Sanctuary Boekfees, Klerksdorp, is ’n familiefees. Verlede jaar het skrywers en lesers saam aan tafel gesit tydens ’n gala-aand, hierdie jaar kry lesers die geleentheid om saam met skrywers te braai na afloop van Martelize Brink se gesprek oor haar boek Oor die kole.

On some women writers

Anthony Akerman Books and writers 2022-10-21

"But who was the mysterious MAB who, on a visit to Rhodesia, had paid 4/6 to a second-hand bookdealer in Salisbury – either The Treasure Trove or The Book Exchange, according to my informants – and passed it on with warm affection’?"

Uncaptured deur Mosilo Mothepu: ’n lesersindruk

Elridus Grobler Lesersindrukke 2022-10-20

"Hierdie ongekompliseerde kragtoer gaan jou woedend en simpatiek maak oor die soveel kere wat die staat ander staatsinstellings teen Mothepu gebruik het in stede daarvan om haar te beskerm."

Pasverskyn: Op pad na Moormansgat deur Chris Karsten

LitNet Boeke en skrywers 2022-10-19

Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?

Die verkeerde vrou deur Irma Venter: Uitnodigings na boekbekendstellings

LitNet Jonathan Ball-portaal 2022-10-18

Hier is inligting oor agt boekbekendstellings wat rondom Irma Venter se jongste boek, Die verkeerde vrou, aangebied word. Kyk of een van die bekendstellings in jou omgewing plaasvind!

Elise Muller (1919–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-10-18

"Hoe ek skryf? Ek word getref deur ’n situasie, ek gaan sit en skryf, en partykeer loop die verhaal na vele herskryf soos ek bedoel of voorsien het, en ander kere neem dit heeltemal ’n nuwe beloop. Dan is ek net so verras soos die toekomstige leser."

Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2022-10-18

"Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin is ’n bielie van ’n boek wat ’n bielie van ’n leemte in ’n leser se lewe gaan laat as Zeus nie toegelaat word om sy binnewêreld te betree nie."

The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-17

"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne Sacrifice is Bourne op sy beste!"

Uitnodiging: Gesamentlike byeenkoms vir Pretoriase leeskringe

LitNet Leeskringe 2022-10-17

Alle belangstellendes word uitgenooi na die gesamentlike byeenkoms vir Pretoriase leeskringe op 5 November 2022 in Hartbeespoort. Die gasspreker is Danie Marais.

Top