Titel: Onder ’n bloedrooi hemel: Liefde en geweld in Suid-Afrika
Skrywer: Annemarié van Niekerk
ISBN: 9780624093596
Uitgewer: Tafelberg
In haar memoir vervleg Van Niekerk haar eie lewensverhaal aangrypend en onthutsend eerlik met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land: geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Onder ’n bloedrooi hemel is ’n diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.
Annemarié van Niekerk is pas aangekondig as die wenner van die Henriëtte Roland Holstprys vir "Betrokken Letterkunde" vir haar boek Om het hart terug te brengen, gepubliseer deur Atlas Contact.
Onder 'n bloedrooi hemel: Liefde en geweld in Suid-Afrika, die Afrikaanse verwerking van Om het hart terug te brengen, het pas by Tafelberg verskyn.

