Op ’n herfsmiddag in Mosselbaai: Unspoken deur Lluyle Arendse

  • 0

Unspoken
Lluyle Arendse
Uitgewer: etcetera, 2021
ISBN: 9780620903028
Navrae by 061 261 3750

In 2022 is Lluyle Arendse genomineer vir die Jong skrywer van die jaar-toekenning van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Unspoken is sy eerste digbundel, waaraan hy vir bykans twee jaar gewerk het nadat hy ’n paar poësiewerkswinkels bygewoon het.

Hy dra die bundel op aan “… all the young dreamers with big aspirations living in rural areas …”

Tydens Covid het Lluyle en ’n vriend ’n biblioteek in Groot-Brakrivier begin waarheen veral jongmense kan gaan. Hy is ook besig met ’n BA-graad deur Unisa, met hoofvakke Sielkunde en Linguistiek. Sy toekomsplanne vir verdere toepassing van hierdie twee belangstellingsvelde omvat geestesgesondheid en kreatiwiteit.

.....
Die digter is welsprekend; sy verduidelikings van sy skryfproses hélder en interessant.
.....

Ons gesels op ’n herfsmiddag in Mosselbaai, waar die bundel voorgehou word aan ’n kleinerige, maar waarderende, gehoor. Die digter is welsprekend; sy verduidelikings van sy skryfproses hélder en interessant.

Ontsnapping uit begrensde plattelandse denke vuur hom aan. Gesprekke uit die gemeenskap inspireer sy verse. ’n Wyer wêreld lok; vaste wortels verskaf identiteit. Hierdie kombinasie is die grondslag vir ’n jong digterskap wat streef na meer. “Poetry has the power to change the narrative,” sê hy.

.....
Ontsnapping uit begrensde plattelandse denke vuur hom aan. Gesprekke uit die gemeenskap inspireer sy verse. ’n Wyer wêreld lok; vaste wortels verskaf identiteit.
.....

Die titel funksioneer as veelduidige leidraad: om Lluyle se gedigte van sy rap-skeppings te onderskei, asook om uitdrukking te gee aan gedagtes wat tradisioneel nie hardop uitgespreek word nie en maatskaplike kwessies wat geheim gehou word. Arendse is toegewy aan tegniek, maar gebruik eenvoudige taal wat tot almal kan spreek en hulle aan die lees kan kry. Hy plaas hom graag in ander se skoene en skryf dan in die eerste persoon. 

Accidental mother

Ready, I am not
but ready I should be

Steady, I am not
but steady I should be

Unexpected planning
expecting the unplanned

Waiting for the rumours
Waiting for my belly to rise

Fatherless mother with
a fatherless child

Ons bespreek dinge soos ritme, waar die rapper die off-beat gebruik en die digter ’n “sagter” ritme implementeer. Die bou van ’n gedig word bespreek – legkaartkonstruksie kom ter sprake, asook hoe ’n digter sy taal soos ’n Rubik-kubus kan inspan om klankeffekte en betekenis te skep. Doelbewuste herhaling, weerspreking en woorde se selfondermyning as tegnieke kom dikwels voor.

Countless sins

Somewhere in life I lost count of all my sins
Which I can never undo in a million recycle bins

Somewhere in life I lost count of all my sins
a loser lost once and gone were potential wins

Somewhere in life I lost count of all my sins
good and bad became beautiful twins

Somewhere in life I lost count of all my sins
my guilt expressed, captured and rinsed

Somewhere in life I lost count of all my sins
I’ve kept asking for guidance ever since

’n Hele paar gedigte handel oor vervreemding en die buitestander. Die gedigte toon empatie en daar is geen veroordelende toon nie. ’n Heerlike sardoniese humor kom in enkele verse voor. Bowenal is die digter hartstogtelik gefokus op kreatiewe skryfwerk.

Grammar junkie

What I am about to do
could be viewed as dangerous:

I get high on vocabulary
I sniff words
I smoke sentences
I inject myself with phrases
I take full dosages of alphabetical disorders

Simply bring the paper, I will supply the ink. 

Lluyle Arendse woon tans in Groot-Brakrivier, sy tuisdorp. Hy werk aan ’n tweede bundel asook aan Afrikaanse vertalings van die gedigte in Unspoken.

Lees ook:

Uit die mond van Klein-Brakriver | From the mouth of Little Brak River: ’n onderhoud met Skip Krige

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top