Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Turning point by Theuns Eloff: "Just before midnight" seminar
2017-11-22"Help build constructive interpersonal relations at grassroots level. Combat racism and intolerance from both sides – left and right."
Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk
2017-11-14"Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef."
Drie vroue en ’n meisie: ’n onderhoud met Hans du Plessis
2017-11-10"Vir my is die natuur, die skepping, nog altyd ’n karakter, eintlik ’n medemens wat jou slyp."
South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach
2017-11-10"Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is."
Hoe verklaar jy dit? 2: ’n onderhoud met Danny Fourie
2017-11-02"Hoe verklaar jy dit? #2 is ’n bewys daarvan dat die internet nie noodwendig die plek van die boek kan inneem nie."
Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer
2017-10-27"My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)."
Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten
2017-10-27"Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou."
Tussen vriende: ’n onderhoud met Derick van der Walt
2017-10-19"Ons mans is net so bekommerd oor ons kinders en ons ouers wat oud word soos oor die wel en wee van die Blou Bulle en die effektebeurs. En ja, ons praat baie oor alles. Hoekom ken julle ons so sleg?"
Onderhoud met Shéri Brynard oor haar boek Shéri, nes ek is
2017-10-18"Selfs mense wat sogenaamd normaal is, is almal anders. My ma sê altyd ons pas nie almal in dieselfde boksie nie en dis oukei."
Hartlam, kortverhale oor die liefde: ’n onderhoud met Deborah Steinmair en Gerda Taljaard
2017-10-17"Daar is ’n hele aantal verhale wat wel gaan oor romantiese liefde, maar beslis nie almal nie, want romantiese liefde is maar net een manier waarop die mens kan liefhê. Die liefde is sekerlik die mees genuanseerde menslike emosie, en liefde lê soms baie naby aan haat."
Boereverneukers: ’n onderhoud met Izak du Plessis
2017-10-16"Hy is ’n veroordeelde moordenaar en hoewel daar nie bewyse is nie, word hy ook met ander mense se dood verbind. Ek dink ek sou bang wees vir Ralph Haynes. Maar mense wat hom geken het, sê hy kon jou begogel met sy sjarme."
Die boosaardige broers Botha: ’n onderhoud met Adeline Radloff
2017-10-12"Die stories borrel sommer so van orals uit."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Trudie Coetzee
2017-10-12"Ek het nie ’n vaste werksruimte nie, maar ek skryf (en lees) meestal op my bed. Enige ruimte met koffie en vars lug is vir my ’n werksruimte. My gunstelingplek om te skryf is Paternoster."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ryan Pedro
2017-10-12"It’s about belonging, not belonging and longing – dis die beste manier hoe ek dit kan beskryf. Dis ’n poem wat my elke keer as ek dit lees konfronteer met vrae wat ek sukkel om goed te beantwoord."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Remona Voges
2017-10-12Remona Voges beskryf haarself as ’n "absolute grapjas. Ongeduldig, maar sonder drama."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Naudé Kritzinger
2017-10-12"Leonard Cohen se skryfwerk is wat my betref ’n spasie waar al die dinge wat ek geniet, saamkom: misterie, sinisme, die estetiese, klank en ritme, godsdiens, seksualiteit – en dit alles met woordekonomie en ’n waardering vir die lewe."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marthé McLoud
2017-10-12"Ek is altyd bly as ’n gedig ook universeel gelees word, want dan toon dit dat jy daarin geslaag het om iets te sê."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marcel Spaumer
2017-10-12"Ek wou die volgende groot gedig, of drama, of roman skryf, maar dit gebeur nie net nie. Die gedig is ook ’n soort uitspraak teen die onregverdigheid van die lewe: slegte goed gebeur te maklik, terwyl iets wat goed kan wees, nie so maklik gebeur nie."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Johan Jack Smith
2017-10-12"Ek ken nie regtig digters nie. Bruce Springsteen as liriekskrywer. Is hy naby genoeg aan ’n digter? Ek hoor wel ek sal aanklank vind by Allen Ginsberg."
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Jaco van der Merwe
2017-10-12"Ek geniet en verken al vir jare die verhoudings tussen woorde en beelde, so ek was moer opgewonde toe Wikus vir my sy foto’s wys en voorstel dat ons saam ’n projek moet aanpak."
