Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Keur 3 deur Helene de Kock: ’n skrywersonderhoud
2018-05-10"Lesers behoort dan te sien dat universele, basiese dinge nie werklik verander nie, maar dat sieninge wel mense se optredes kan swaai. Daarom het ek die verhale wat nou vir die derde maal verskyn, net so gelos."
Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp
2018-05-09Petrovna Metelerkamp se omvattende biografie van Ingrid Jonker is by die Suidoosterfees bekendgestel. Suzette Kotzé-Myburgh het met haar oor die nuwe onthullings wat in die boek na vore kom, gesels. Kyk na die video van die gesprek.
Video: Launch of The land is ours by Tembeka Ngcukaitobi
2018-04-24Tembeka Ngcukaitobi's historical book The land is ours: South Africa's first black lawyers and the birth of constitutionalism was launched at Protea Bookshop Stellenbosch on 19 April 2018. Ngcukaitobi was interviewed by Hermann Giliomee and Albert Grundlingh. Watch the video of the conversation.
Video: openbare domein word bekendgestel
2018-04-19Daniel Hugo se digbundel openbare domein is Saterdag 14 April in Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Gunther Pakendorf het met hom gesels.
Bloed/Blut: ’n onderhoud met Coreen Erasmus-Bezuidenhout
2018-04-17"Dit het my gebring by die liefdesverhaal van Rut en Helmut – ironies, ’n Jodin en ’n Duitser – moontlik met die idee in my agterkop om deur ’n eenvoudige verhaal van verbode liefde die idee van vergifnis en versoening oor te dra."
Maalvleis deur Karen Hart: ’n onderhoud
2018-04-16"Ek hou daarvan om met kruie- en speserymengsels te eksperimenteer en maak my eie mengsels. Ek het in die kaneelwoude van Sri Lanka leer kerrie kook en dis maklik een van my gunstelinge, met ’n kerriepoeier wat ek self aanmaak."
Video: Vandag wil ek my blou skoene dra word bekendgestel
2018-04-12Koos Kombuis se digbundel Vandag wil ek my blou skoene dra is Saterdag 7 April in Stellenbosch Protea Boekwinkel bekendgestel. Danie Marais het met hom gesels.
Groot Romanwedstryd 2018: Gerhard Greyvensteyn
2018-04-05"Dis ’n misdaadroman, niks ambisieus nie, veronderstel om lekkerlees-ontvlugting te wees."
Groot Romanwedstryd 2018: Ingrid Winterbach
2018-04-05"Ek vind dat daar altyd genoeg is om oor te lag, maar ook om oor te huil, en genoeg waaroor mens net in stomme verbystering kan staan. Trouens, niks wat ek kan uitdink, kan meeding met sommige van die absurditeite van die Suid-Afrikaanse lewe nie."
Vandag wil ek my blou skoene dra: ’n onderhoud met Koos Kombuis
2018-04-05"Vir my het Vandag wil ek my blou skoene dra gevoel soos ’n bevryding van daardie ou klomp pyn. Dit was soos om jou ore oop te gaap as jy afkom van ’n bergpas."
Groot Romanwedstryd 2018: Debbie Loots
2018-04-05"Ek dink in die storie, soos in die lewe, help mense mekaar, en leer hulle belangrike lesse op 'n onderbewustelike vlak."
Groot Romanwedstryd 2018: Jaco Fouché
2018-04-03"Ek werk nie vreeslik metodies aan ’n boek nie en sit met baie notas en fragmente en paragrawe wat dalk nooit gepubliseer sal word nie. Sommige werk wel iewers – ek meet en pas en dwing maar in."
Somer deur Jaco Fouché: ’n onderhoud
2018-03-28"Dis ’n volwasse seisoen en terselfdertyd verkneukel jongmense hulle daarin – al die ure in die water; warm, laat aande met braai en die wyn wat hulle ontdek kort voor hulle moet gaan studeer of werk. Dis vir my ’n tyd wat hartseer voorafgaan."
Verhoudings onder druk: ’n onderhoud met Ronel du Toit
2018-03-19"Daar is bepaalde beginsels, veranderlikes of rigtingwysers wat vir alle verhoudings geld. Elkeen van hierdie 13 beginsels word in die boek verduidelik en in daaglikse situasies toegepas. Deur van die volgende beginsels bewus te raak kan jy meer voorbereid op die reis na volhoubare verhoudings wees."
US Woordfees 2018: Nederlandse skrywer Ray Kluun
2018-03-01"Ik hou van toneel en muziek, vooral rap en hiphop, ben fan van Die Antwoord en Cooler as ekke van Jack Parow is een van mijn favorieten."
US Woordfees 2018: Vlaamse skrywer Tom Lanoye
2018-03-01"Alles wat ek skryf, moet ook lekker klink as jy dit hardop sê; en my romans het strukture en build-ups wat aan tipiese teatertegnieke refereer."
US Woordfees 2018: ’n Onderhoud oor Kalmte in die malle gejaag
2018-03-01"Mense maak dikwels die aanname dat jy 'kalmte' en bewustelikheid net kan ontgin as jy met ’n vreedsame uitdrukking op jou gesig rondsit - verkieslik op ’n strand of in ’n groen woud, soos ’n sjampoe-advertensie. Maar bitter min van ons gaan onsself ooit in sulke omstandighede bevind ... ’n Veel nuttiger kuns is om iets van kalmte en tevredenheid in jou alledaagse, holderstebolder lewe te kan beoefen."
US Woordfees 2018: Irna van Zyl gesels oor Gifbeker
2018-02-28"Die boek begin toe die mees berugte kosblogger in die land dood neerslaan in sjef Zeb Tswalo se deftige restaurant in die Hemel-en-Aarde Vallei buite Hermanus."
US Woordfees 2018: Dutch writer Ernest van der Kwast
2018-02-28"My latest book is called Jouw toekomst is mijn toekomst (2017) and contains the stories of four students with a refugee background. These are courageous stories that offer a different perspective on people who have made the crossing to Europe."
US Woordfees 2018: Vlaamse dichter Charlotte Van den Broeck
2018-02-28"Mijn debuutbundel Kameleon was erg gefocust op vrouwelijkheid, identiteit en het vrouwelijke lichaam dat tot wasdom komt. Hierin stond de vraag naar de Ander centraal: het lichaam wil bij een ander lichaam horen, maar wil en moet ook van zichzelf zijn."
