Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Die man van Quatro: ’n onderhoud met Calvyn van Niekerk
2019-08-07"My leser betaal my vir vermaak. 'Spanningsverhaal' is een woord vir 'boeiende storie' en dit kom altyd eerste."
Video: Stellenbosch-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee
2019-08-05Op Saterdag 3 Augustus 2019 is Azille Coetzee se debuut, In my vel, by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Mercy Kannemeyer het ’n eerlike, maar gemaklike gesprek met Azille gevoer in die volgepakte boekwinkel. Onderwerpe soos wit skuld en magstrukture is met humor onder die loep geneem. Cliffordene Norton het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.
Skrywersonderhoud: André Krüger oor Redelike hoeveelheid moeilikheid
2019-07-31"My proses is benaderd chaoties. My proses is die anti-proses. Ek doen wat ek kan, wanneer ek kan en waar ook al ek kan. My notaboek gaan waar ek gaan, want ek het al geleer dat ek myself 'n rat voor die oë draai as ek dink ek sal later die guitige sin, gedagte of idee onthou wat ek nou net uitgedink het."
Sondes van die vaders deur Lerina Erasmus: ’n onderhoud met François Bloemhof
2019-07-30"Ek het dit nooit as 'haar en my boek' beskou nie. Sekere stukke wat ek in een van my eie boeke heeltemal anders sou aangepak het, het ek so gelos omdat dit Lerina se manier van dink weerspieël."
Op soek na Jacobus Verster: ’n onderhoud met François Verster
2019-07-24"Ek weet nie of dit nou belangriker is as tevore nie, maar ek dink wel baie Suid-Afrikaners dink nou meer oor hulle plek in die land. ... Verder migreer ons wat duisende jare gelede hiervandaan na Europa getrek het, en toe weer hier kom woon het, nou weer na ander geografiese en kulturele gebiede. Ons geskiedenis is dus deel van die globale migrasiegeskiedenis van homo sapiens."
Bettina Wyngaard oor die Elgin-Grabouw Krimifees | Elgin Grabouw CrimeFest
2019-07-23"Vir hierdie eerste fees het ons woordsmede wat in die Wes-Kaap woon, genooi om deel te neem. Dis 'n lekker wye verskeidenheid van interessante mense: Deon Meyer, Rudie van Rensburg, Karin Brynard, Chanette Paul, Irna van Zyl, Julian Jansen, Sally Andrew, Joanne Hichens, Michéle Rowe en veel meer."
Cape, curry and koesisters: an interview with Fatima Sydow and Gadija Sydow Noordien
2019-07-19"Cape Malay culture and food, for us, is a melting pot of many different cultures – Asian and parts of the rest of Africa. So, all these flavours combined have resulted in a unique culinary experience that has yet to be discovered by the rest of the world."
Sypaadjie-videogesprek: Izak de Vries gesels met Alma Rossouw
2019-07-12Kyk na 'n videogesprek met Alma Rossouw oor Sypaadjie toe die boek onlangs bekendgestel is.
Sypaadjie: ’n onderhoud met Alma Rossouw
2019-07-10"Ek wou ’n lekkerlees liefdesverhaal oor vroulike seksualiteit skryf."
Grondwater: ’n onderhoud met Marlise Joubert
2019-07-09"Met verwondering en verbeelding bou jy soos ʼn kind vir jou ʼn dorpie in die sand, ʼn dorpie met die beste paaie, huise en winkels. Jy kan maar net hoop dat lesers ook jou woorddorpie sal besoek, voordat die tyd dit verkrummel."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2019
2019-07-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Wreed én mooi is die dood: ’n onderhoud met Tobie Wiese
2019-07-08"Die besef van ons nietigheid en kortstondigheid kan een van hoofsaaklik twee reaksies by ons uitlok: ʼn mengsel van woede en verslaenheid omdat ons magteloos is teen die dood, of volslae dankbaarheid dat ons lewe – ʼn kosbare geskenk waartoe ons niks bygedra het nie."
Om tot verhaal te kom: ’n videogesprek met Lizette Rabe rondom skryfterapie
2019-07-03Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Kyk na ’n videogesprek met Lizette Rabe.
Doodsengel: ’n onderhoud met Madelein Rust
2019-07-03"’n Mens skryf met passie en oortuiging juis as jy geraak word deur pyn."
Philippolis: 'n onderhoud met Jens Friis
2019-07-02"Mense word al hoe meer visueel. Hulle wil nie meer net lees nie. Daarom het ek ryklik gebruik gemaak van kleurvolle foto's op goeie papier – iets wat grootliks ontbreek in ander boeke oor Philippolis."
Hier gaat ons! Reise en rampe: ’n onderhoud met Gerard Scholtz
2019-07-02"Maar dít is die stories, daardie ironiese reisrampe, wat jy oorvertel. Bygesê, altyd met ons kavalkade van vrolike engele fladderend agterna."
Donkerwerk: ’n onderhoud met Nini Bennett
2019-06-20"'Donkerwerk is konkelwerk,' lui die idioom. Die bundeltitel het niks met onderduimse aktiwiteit te doen nie, maar met die artistieke 'geknoei', die digterlike kunsgrepe tydens die skep van poësie."
LitNet is #opdielug!
2019-06-12LitNet is #opdielug! Kom luister saam: Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Net op Radio 786. Eerste aan die woord: Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence.
Lacuna: an interview with Fiona Snyckers
2019-06-04"It is about a woman by the name of Lucy Lurie (clearly inspired by Coetzee’s character of the same name), who is trying to recover from a gang rape. What makes her situation more unbearable is that a male writer, John Coetzee, has written a bestselling book about her experience. She feels as though it was her story to tell."
Smit Motors: ’n onderhoud met Réney Warrington
2019-05-21"Ek beplan die beste aan ’n nuwe boek op ’n lang, oop grondpad met goeie musiek oor die radio."
