Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n lesersindruk

Elsabé Welman Lesersindrukke 2026-01-26

"Die drie weduwees is ’n sterk misdaadverhaal met knap spanningsbou en uitstekende karakterisering."

Hell of a country by David Cornwell: a reader’s impression

Jonathan Amid Books and writers 2026-01-12

"Don’t expect even a sliver of sensationalist true crime, well-worn clichés that aren’t turned inside out, or gratuitous violence for its own sake. This is resolutely no pornographic exhibition of suffering, and the scheming that does happen is in keeping with the nature and motivation of the characters involved."

Boekevat met Deborah: Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp en Roulette deur Sidney Gilroy

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2026-01-08

Deborah Steinmair skryf oor twee boeke in haar eerste boekrubriek van 2026: "Dis lewendige, fassinerende memoires, al word daar geen lakens uitgehang nie. Ek beveel dit hoog aan, as ’n tydsdokument en die testament van ’n merkwaardige vrou." ... "Gilroy het sy plek ingeneem as Afrikaanse misdaadskrywer om mee te reken."

Sarah plus een deur Kristel Loots: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2026-01-06

"Ouer vroue, wat die grootste persentasie van lesers uitmaak, sal alwetend glimlag oor die swaartekrag wat aan jou lyf kom hang, die brille en pille, die kwinte en kwale. Been there, done that. As jy nie daaroor kan huil nie, dan lag jy maar daaroor."

My jaar van vrees en vryheid: ’n onderhoud met Marita van der Vyver

Naomi Meyer, Marita van der Vyver Skrywersonderhoude 2026-01-06

"As fiksieskrywer het ek dalk ’n voordeel bo ander – ek skryf my stories sonder om te weet hoe hulle gaan eindig. Al skrywende leer ek die einde ken. Nou kan ek seker ook sê: Al lewende leer ek my lewenslot ken?"

Kortliks met Stefaans: My top-8-boeke van 2025

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2025-12-23

"Hier is my top-8-boeke van 2025. Ek het my keuse uit alle genres waar ek vanjaar gekuier het saamgestel."

Pasverskyn: Sprokie in ’n streepbaadjie deur Christien Neser

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-18

Heloise begin graad elf by Presidentpark. Daar ontmoet sy AB, die skool se "bad boy", wat ook in haar kunsklas is. Wanneer hulle kunsonderwyser bedank, stel AB vir Heloise aan sy ouma voor, beeldhouer Heike Leibig. Heike se middeleeuse heldin is Heloise, wat saam met haar geliefde Abelard (na wie AB vernoem is) in Parys se oudste begraafplaas lê.

Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-12-18

"Glip een in elke Kerskous wat jy vanjaar moet vul. Dis lekker lag, na binne kyk en klein dorpie op sy beste."

Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-12-15

"Irma is bekend vir haar vermoë om spanning met ’n karaktergedrewe storielyn te balanseer, en in hierdie roman bereik dit ’n nuwe hoogtepunt."

My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2025-12-15

Marita van der Vyver se boek is veel meer as ’n reisboek – dis ’n besinning oor die lewe en oor hoe ons leef, skryf Ilse Salzwedel.

Pasverskyn: Wen die stryd in jou gedagtes deur Joyce Meyer

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-10

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen.

Pasverskyn: Vredemaker deur Reggie Peace

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-04

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer, maar hy bly ontevrede met homself. Hy streef voortdurend na erkenning en aanvaarding, tot hy besef dat hy ’n keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood.

Boekevat met Deborah: Die drie weduwees deur Irma Venter en Nobody’s girl deur Virginia Giuffre

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-12-02

"Ek wil oor twee boeke skryf. Die eerste is, genadiglik, fiksie – misdaadfiksie. Die tweede is niefiksie, outobiografies en absoluut sielvernietigend."

Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie

Leona Conradie Resensies 2025-11-25

"Charmaine Africa doen baanbrekerswerk met hierdie memoir, wat glad nie moeilik lees nie en jou soos ’n doodgewone roman meevoer. Hierdie memoir het goeie karakterontwikkeling, die wêreld se spanning, ruimtebeskrywings wat goed inspeel op die spanning en ontwikkeling, maar die meeste van alles, ’n baie sterk storielyn wat spreek van diep letsels as gevolg van apartheid en familieverhoudinge."

Fresh off the press: The colonialist: The vision of Cecil Rhodes by William Kelleher Storey

LitNet Books and writers 2025-11-18

This first comprehensive biography of Cecil Rhodes in a generation illuminates Rhodes’s vision for the expansion of imperialism in southern Africa, connecting politics and industry to internal development, and examines how this fueled a lasting white-dominated colonial society.

Hell of a country deur David Cornwell: ’n lesersindruk 

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-11-18

"Vir lesers wat hou van waremisdaad, historiese fiksie en stories wat diep delf in die menslike psige, is Hell of a country ’n onmisbare boek."

Al die swendelaars deur Chris Karsten: ’n resensie

Ilze Brüggemann Resensies 2025-11-18

"Ek sien in my geestesoog hoe Karsten in sy stoel agtertoe leun nadat hy die laaste paragraaf getik het en tong in die kies bydink: Trou is nie perdekoop nie."

Boekevat met Deborah: Die man van elders deur Helene de Kock

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-11-18

"Iets wat my geval van liefdesverhale, besluit ek, is die goeilikheid. Is dit ’n woord, die juiste woord? Daar is ’n gapende vallei tussen lig en donker en die goeie mense is van goedheid aanmekaargesit, selfs al het hulle in hul prille jeug growwe flaters begaan. Verlossing is moontlik en die leser glo dat die goeie gaan seëvier."

Pasverskyn: 30 minute: Suid-Afrikaanse lugbraaierkookboek deur Louisa Holst

LitNet Boeke en skrywers 2025-11-13

Topverkoper Louisa Holst is terug met nog ’n treffer propvol watertandgeregte, wat in ’n japtrap in jou lugbraaier gemaak kan word. Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan – onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Resensie van Eben Etzebeth se biografie Ten slotte

Michael Green (pseudoniem: RR Ryger) Resensies 2025-11-12

"Meer as ’n duisend belangstellendes het in Oktober by die N1-winkelsentrum in Kaapstad opgedaag toe hy sy boek bekendgestel het."

Top