Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die visie van die ATM is om die nasionale Afrikaanse Taalmuseum en -monument só te bedryf dat Afrikaans so inklusief moontlik in sy volle omvang gerespekteer en waardeer kan word. Besoek hulle webwerf by http://www.taalmuseum.co.za/.

Persverklaring: Taalmuseum vier Taaldag met gesprek wat prikkel

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-08-03

Jy word uitgenooi na die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se gewilde Taaldagviering op Vrydag 12 Augustus 2022, vanjaar in die vorm ’n paneelgesprek met vroue wat deskundiges op uiteenlopende taalgebiede is. 

Persverklaring: Khoekhoen-Afrikaans tussen boom en rots

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-07-29

In ooreenstemming met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se missie om die onderbeligte geskiedenisse van Afrikaans na te vors en te belig, bied die instelling ’n uitstalling oor Khoekhoen-Afrikaans in hul Groen Galery aan. 

Persverklaring: Toelies Afrikaans in Arabiese skrif en wen!

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-07-18

Om in te skryf, moet deelnemers ’n teks in enige variëteit van Afrikaans in die Romeinse skrif vind of iets direk met behulp van die Arabiese skrif skryf. Die wenner sal R5 000 kontant ontvang en die twee naaswenners R2 500 elk. Al drie wen ook ’n gesinsjaarpermit vir die ATM.

Persverklaring: Wil jy Afrikaans toelies in Arabies?

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-06-20

Ter ere van Arabies-Afrikaans bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Historium Trust ’n werkswinkel oor hierdie unieke skryftradisie op 16 Julie 2022 aan én loods hulle nog ’n kompetisie met groot kontantpryse. 

Persverklaring: Neville Alexander-prestige-eerbewyse – Oproep om benoemings

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-06-03

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi weer die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vyfde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk. 

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening

Danie van Wyk Seminare en essays 2022-05-20

"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."

Persverklaring: Taalmuseum bekyk protespoësie

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-05-19

Ter ere van Jeugmaand bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument op Saterdag 11 Junie 2022 ’n gratis slypskool met musikant Luna Paige oor Afrikaanse protespoësie aan.

Persverklaring deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument oor ’n moontlike naamsverandering vir die instelling

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-05-18

"Intussen bly ons daarop gefokus om maatskaplike samehorigheid, veeltaligheid, Afrikaans en ander inheemse tale – asook die rol wat hulle in die groter dekolonialisasieproses speel – te bevorder."

Paarl-boorling stel boek by Taalmonument bekend

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-05-12

Die bekroonde skrywer en boorling van die Paarl, Kirby van der Merwe, stel op Vrydag, 27 Mei 2022 sy jongste roman, Eugene, tydens ’n gratis geleentheid, in samewerking met die Historium Trust en NB-Uitgewers by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, bekend.

Persverklaring: Bespreek nou vir Taalmonument se argiefwerkswinkel | Book now for Taalmonument’s archive workshop

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-04-06

Die bekende argivaris Pétria de Vaal bied vanaf 25 tot 27 Mei 2022 weer ’n inleidende, tweetalige argiefwerkswinkel by die Taalmonument in die Paarl aan. | The well-known archivist Pétria de Vaal will again present an introductory, bilingual archiving workshop at the Taalmonument in Paarl from 25 to 27 May 2022.

Aanskou Bidsprinkaan se maan | Behold Praying Mantis’s moon

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2022-01-06

Ter ondersteuning van die Sentrum vir Astronomiese Erfenis se projek om inheemse name vir volmane in Suider-Afrika te bevorder, word hierdie piekniek gewy aan Bidsprinkaan. | In support of the Centre for Astronomical Heritage’s project to promote indigenous names for full moons in Southern Africa, this picnic is dedicated to Praying Mantis.

Die vrystelling van die slawe

Michael le Cordeur Menings 2021-12-15

"Daar word dikwels die aanname gemaak dat ‘bruinmense’ nie so swaar gely het onder die Europese maghebbers nie. Die feite vertel ’n ander storie. Slawe is soos diere in die bos gevang en met slaweskepe na SA en elders vervoer waar hulle op veilings verkoop is."

Hemelse skattejag by Taalmonument | Heavenly treasure hunt at Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-12-01

Besoekers sal Jupiter van nader leer ken tydens die sterrekykpiekniek op Saterdag 4 Desember 2021. | Visitors will get to know Jupiter better during the stargazing picnic on Saturday, 4 December 2021.

Aandwedloop | Night run | Afrikaanse Taalmuseum en -monument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-11-22

Aandwedloop samel draf-draf geld vir palliatiewe sorg in | Night run race to raise money for palliative care

Persverklaring: ’n Hemelse skattejag wag by Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-11-04

Kapenaars en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se eerste somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag 6 November 2021.

Taalmonument | Virtuele program vir Jeugdag | Virtual programme for Youth Day

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-05-27

Die Jeugdagprogram sal vanaf 09:00 op Woensdag, 16 Junie 2021, gratis op die ATM se Facebookblad en YouTube-kanaal beskikbaar wees. | The Youth Day programme will be available for free from 09:00 on Wednesday, 16 June 2021, on the ATM's Facebook page and YouTube channel.

Museums herverbeel | Museums reimagined

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-05-17

Die klem sal val op hoe die instellings se aanbiedings herbedink en hul kubervoetspore uitgebrei kan word. | The emphasis will be on how the institutions’ offerings can be reimagined.

Taalmonument | Vryheidsdagkonsert | Freedom day concert | 26 April

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-04-19

Taalmonument, KC 107.7 en TC Events Co bied ’n Vryheidsdagkonsert aan | Taalmonument, KC 107.7 and TC Events Co present a Freedom day concert.

Persverklaring: Taalmonument verwelkom nuwe raad | Taalmonument welcomes new council

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-02-22

Die nege lede, waarvan drie op die vorige raad gedien het, verteenwoordig ’n breë spektrum van kulturele, linguistieke, regs- en finansiële kundigheid wat met vrug tot voordeel van die instelling aangewend sal word.

Persvrystelling: Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke | Taalmonument honours writers of new Arabic-Afrikaans works

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2021-02-12

Ter ere van Arabies-Afrikaans se bydrae tot die wording van Afrikaans, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) verheug om die top-twaalf-inskrywings van die instelling se jongste skryfkompetisie uit te stal.

Top