Persverklaring: Hemelse skattejag wag by Taalmonument | Press release: Heavenly treasure hunt awaits at Taalmonument

  • 0

Skitterende 47 Tucanae sigbaar in die suide tydens Sterrekykpiekniek

Kapenaars en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die sprankelende sterrebondel 47 Tucanae – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 11 Februarie 2023. Dit beloof om ‘n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees, met ‘n pragtige sonsondergang en ‘n gratis besoek aan die ikoniese struktuur. Boonop is die aand ten bate van ‘n goeie saak.

Gaste sal die heelal verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op 47 Tucanae, die heelal se tweede helderste bolvormige sterrebondel wat duidelik sigbaar in die suide is.

Die pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en skiereiland geniet. Besoekers is welkom om hul eie pieknieks en drankies (geen glas) te bring of vooraf ‘n piekniekmandjie by Die Suikerkan via 082 216 2510/082 856 1871 of info@diesuikerkan.co.za te bestel – hierdie koffiewinkel sal ook verversings tydens die geleentheid verkoop. Gaste word aangemoedig om die omgewing te verken en die monument, ‘n simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, te besigtig. ‘n Gratis begeleide toer om dit alles te verduidelik, vind om 18:30 plaas. Daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Onthou asseblief verkykers en warm kleding. Genoeg veilige parkering is gratis beskikbaar.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van ‘Laat ons Lees!’, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers gevra om nuwe of tweedehandse kinderboeke te skenk.

Die geleentheid begin om 18:00 waarna besoekers van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur. Die toegangsprys is R50 per volwassene en R15 vir onder-18’s; kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809 of bemarking2@taalmuseum.co.za) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae op die dag self. Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word. Die laaste Sterrekykpiekniek is op 11 Maart 2023.

  • Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die koffiewinkel bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte, kontak hulle via diesuikerkan.co.za of 082 216 2510.

Sparkling 47 Tucanae visible in the south during Stargazing Picnic

Locals and visitors will get to know the glittering night sky – specifically the sparkling globular star cluster 47 Tucanae – better during the Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM’s) Stargazing Picnic on Paarl Mountain on Saturday, 11 February 2023. It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting, with a spectacular sunset and a visit to the iconic structure. Furthermore, the event is in aid of a good cause.

Visitors will explore the galaxy with the help of the Orion Observation Group (OOG) whose friendly members like to share their knowledge and telescopes for free. The focus is on 47 Tucanae, the universe’s second-brightest globular star cluster that is clearly visible in the south.

The picnics are popular with locals and overseas visitors who especially enjoy the beautiful views of the valleys, mountains and peninsula. Visitors are welcome to bring their own picnics and drinks (no glass) or to order picnic baskets in advance at Die Suikerkan via 082 216 2510/082 856 1871 or info@diesuikerkan.co.za - this coffee shop will also sell refreshments during the event. Guests are encouraged to explore the area and have a look at the monument which is an exceptional, symbol-rich sculpture. A free guided tour to explain all of this takes place at 18:30. There are outdoor games and playgrounds for the children. Please remember binoculars and warm clothing. Ample safe parking is available for free.

The picnic series is in aid of 'Let’s Read!', the Taalmonument's literacy project for children, and therefore picnic-goers are invited to donate new or second-hand children's books.

The event starts at 18:00 whereafter visitors can stare into the skies from 20:00 to 22:30. The entrance fee is R50 per adult and R15 for under-18s; tickets are available at Computicket or the gate, but booking (021 863 0543/4809 or bemarking2@taalmuseum.co.za) is essential to ensure sufficient telescopes. Unfortunately, Stargazing Picnics will be cancelled if the weather doesn’t play along – call 073 853 3100 or 083 544 6510 for weather inquiries on the day itself. Pre-bought tickets can be transferred or reimbursed. The last Stargazing Picnic is on 11 March 2023.

  • For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument, call 021 872 3441/863 0543, visit taalmonument.co.za or follow them on Facebook. The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages ​​on the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also numerous resources for school and research projects. Annual permits are available at only R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics. The coffee shop offers delicious food and beautiful views daily, contact them via diesuikerkan.co.za or of 082 216 2510.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top