Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die visie van die ATM is om die nasionale Afrikaanse Taalmuseum en -monument só te bedryf dat Afrikaans so inklusief moontlik in sy volle omvang gerespekteer en waardeer kan word. Besoek hulle webwerf by http://www.taalmuseum.co.za/.

Persvrystelling: Kan djy Afrikaans toelies in Arabies of Jawi?

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-10-06

As deel van die viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste verjaardag, loods hulle ’n gratis kompetisie waarin R10 000 op die spel is enigiemand wat enige kort Afrikaanse teks in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee) skrif translitereer.

Neville Alexander-prestige-eerbewyse: Oproep om benoemings

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-08-28

As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste vieringe, nooi hierdie instelling die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vierde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.

Persvrystelling: Korona se spitsvondiges vir Taaldag bekroon

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-08-18

Die wenner Fawa Conradie en die twee naaswenners, Nikita Naudé en Karel Dampies, het saam R4 000 en jaarpermitte losgeslaan én hul gedigte sal saam met dié van die ander nege (vir eers virtueel) in die Groen Galery uitgestal word.

Persvrystelling: Neville Alexander-prestige-eerbewyse – Oproep om benoemings

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-08-12

As deel van die vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste bestaansjaar nooi hierdie instelling die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vierde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet, Conrad Steenkamp, Heindrich Wyngaard, Jeremy Vearey, Frank Hendricks, Charlyn Dyers, Gerda Odendaal, Monn-lee Geduld Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-06-23

"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.

Persverklaring: Taalmonument vier Jeugdag met virtuele konsert

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-06-09

Ter ere van Jeugdag 2020 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Marco Mentoor Produksies ’n opwindende gratis aanlynkonsert wat opkomende Drakensteinsterre aan ’n wêreldwye gehoor sal bekendstel.

Persverklaring: Koronahumor span die kroon

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-06-05

Wen! Met nuutskeppings soos "koeshoes", "grendelgriep" en "kwarantynwyn" asook die snaakse Afrikaanse meme en grappies wat soos ’n virus op sosiale media versprei, is dit duidelik dat daar geen tekort aan kreatiwiteit in hierdie tyd is nie. Daarom word almal uitgenooi om, as deel van die ATM se 45-jarige vieringe, hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies op te tower.

Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-06-03

Die Afrikaanse Taalraad, LitNet en die Afrikaanse Taalmuseum bied op 16 Junie 2020 vanaf 10:00 tot 11:00 'n webinaar aan met die tema "Die toekoms van Kaaps". RSVP teen 11 Junie 2020.

Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps

Sybrandus Adema Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-05-18

"Ter ere van die feit dat Afrikaans – en eindelik ook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) wat 45 jaar in 2020 vier – deels te danke is aan pogings om die Bybel in hierdie taal te vertaal, is die instelling verheug om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet saam te snoer om nuwe vertalings van die Bybel in Kaaps in die Groen Galery uit te stal."

Persverklaring: Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-05-14

Die internasionale museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is "Museums vir gelykheid: Diversiteit en inklusiwiteit", wat weer die kollig plaas op die werklike doelstellings van museums, skryf Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).

Persvrystelling: Streel jou ore met dié gesproke woorde en musiek

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-02-26

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste feesjaar bied Saterdagmiddag 29 Februarie 2020 ’n opwindende program met musiek en stories uit die boonste rakke. Die veeltalige, multikulturele program beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en niesprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.

Persvrystelling: Son, skemerkelkies en jazz by Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-02-18

Die veeltalige, multikulturele naweekprogram beloof om Afrikaans in al haar pragtige gedaantes te laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.

Persvrystelling: Bevorder geletterdheid stap-stap in pragtige omgewing

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-02-06

Die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se naweeklange 45ste feesvieringe spring op 29 Februarie 2020 om 08:00 weg met ’n "45 Minute vir Afrikaans"-pretstap.

Persvrystelling: Pak die Bul by die horings by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek fokus op Taurus en sy rooi oog

LitNet Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2020-01-29

Kapenaars en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die sterrebeeld van die Bul (Stier) en sy kenmerkende rooi oog – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 22 Februarie 2020.

Persvrystelling: Vier saam-saam Taalmonument se 45ste jaar in 2020

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2020-01-14

Die veeltalige, multikulturele program sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk om sprekers en nie-sprekers met ’n unieke, gesellige gees te omarm.

Persverklaring: Grondwoorde van ver vind tuiste in Paarl

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2019-12-19

Om op ’n skeppende noot mee weg te spring vir die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste bestaansjaar in 2020, is die instelling verheug om die werke van Grondwoorde 2019 se wenners in die Groen Galery uit te stal.

Persvrystelling: Verwelkom die Jagter by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek se fokus is op die sterrebeeld Orion

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2019-12-12

Kapenaars en besoekers kan hierdie Desember die skitterende sterrehemel – spesifiek die Jagter, ook bekend as Orion – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 21 Desember 2019. 

Persverklaring: Dans van die vlamme aan die brand by Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2019-10-30

ʼn Nag van vlamme, vuur en natuur is die lig aan die einde van die jaartonnel wanneer die gewilde Psychedelic Theatre op Saterdag, 28 Desember 2019, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl optree.

Mediavrystelling: Taalmonument bied gevorderde klasse oor boekherstel en -bindery

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2019-09-11

Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, Solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer.

Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense

Hans du Plessis Seminare en essays 2018-11-06

"Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite ..."

Top