Die bekroonde erfenis-aktivis Mogamat Alexander se nuutste boek, The Cape Muslim Vernacular, word op Saterdag 26 Augustus 2023, in Kaapstad bekendgestel. Mogamat was in 2022 ‘n wenner van die ATM se Neville Alexander-prestige-eerbewys vir die bevordering van Afrikaans én ‘n ontvanger van die Wes-Kaapse regering se ‘Beduidende Bydrae tot Taalontwikkeling’-toekenning. Intussen bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) 'n reeks kursusse (fotografie en boekbind), pieknieks en 'n groot gospelkonsert in die volgende paar maande aan. Hou dus ons webtuiste en sosiale media dop! [English below]
Sybrandus Adema, kommunikasiehoof, Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ""Die tydsberekening van Alexander se jongste boek is perfek gegewe die afgelope dekades se herontginning van Afrikaans se omvangryke herkoms wat uitgeloop het op die ambisieuse navorsingsprojek ProVARIA wat in 2023 van stapel gestuur is om die taal se variëteite te dokumenteer. Vir navorsers is dit 'n taalkundige skatkis; vir sprekers van en ander wat in dié pragtige vernakulêr belangstel, is dit 'n boeiende inleiding tot 'n geskiedenis en woordeskat wat vanuit 'n verre verlede tot 'n lewende hede weergalm. Gewapen met die spesifieke woorde in hierdie boek, sal geen plaaslike inwoner meer oor jou kan fietna (skinder) nie terwyl die oningeligtes gasad (jaloers) op jou kennis sal wees.
Alexander brei ook uit op sy hartstog vir Arabies-Afrikaans – algemeen aanvaar as die eerste geskrewe vorm van die taal en ten nouste gekoppel aan gesproke Maleis-Afrikaans – met talle voorbeelde en transkripsies asook sy voorstelle vir die ‘vermiste’ moderne Afrikaanse klanke. Sy navorsing oor die oorsprong van die uitspraak van byvoorbeeld jy as djy (die 'oorspronklike' Afrikaanse uitspraak) beklemtoon weer hoe verskillende gesproke variëteite van die taal nie net gelyk is nie, maar ook met trots gebruik moet word. Sonder die Kaapse Moesliem-vernakulêr sal Suider-Afrika en Afrikaans des te armer wees gegewe hoe verweef dit met ons veelvuldige geskiedenisse, identiteite, kulture en cuisine is. Ek hoop hierdie boek kan as basis dien om die ryk konsepte, uitdrukkings en die Arabies-Afrikaanse skrif aan skoolleerders en Suider-Afrikaners in die algemeen bekend te stel."
English version:
The celebrated heritage activist Mogamat Alexander’s new book, The Cape Muslim Vernacular, will be launched on Saturday, 26 August 2023, in Cape Town. In 2022 Mogamat was a winner of the ATM’s Neville Alexander prestige award for the advancement of Afrikaans and he received the Western Cape government’s ‘Significant Contribution to Language Development’-award. Meanwhile, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) is hosting a series of courses (photography and bookbinding), picnics and a big gospel concert in the next few months. So keep an eye on our website and social media!
"Alexander’s latest book is perfectly timed given the past decades’ revisiting of the expansive origins of Afrikaans, culminating in the ambitious research project ProVARIA launched in 2023 to document the language’s varieties. For researchers, it is a linguistic trove; for speakers of and others interested in this sublime vernacular it is a fascinating introduction to a history and vocabulary that echoes from a distant past to a living present. Armed with the specific words in this book, no local will longer be able to fietna (gossip) about you while those not in the know, will be gasad (envious) of your knowledge.
Alexander also expands on his passion for Arabic Afrikaans - generally accepted as the first written form of the language and closely linked to spoken Malay Afrikaans – with numerous examples and transcriptions as well as his proposals for the ‘missing’ modern Afrikaans sounds. His research into the origin of the pronunciation of for instance jy as djy (the ‘original’ Afrikaans pronunciation) again highlights how different spoken varieties of the language are not only equal but should be used with pride. Without the Cape Muslim vernacular, Southern Africa and Afrikaans will be all the poorer given how intertwined it is with our multiple histories, identities, cultures and cuisines. I hope this book can serve as a basis to introduce its rich concepts, expressions and the Arabic Afrikaans script to school learners and Southern Africans in general." - Sybrandus Adema, head of communications, Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Uitnodiging | Invitation: