ATKV-Portaal

atkv

Die volkspeler agter die Taalgenoot se sukses

Johan Jack Smith, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-27

"Dis maklik om te skok, maar dis moeiliker om in te lig sonder om te skok."

Mediaverklaring: Taalgenoot nou vir ’n ieder en ’n elk

ATKV ATKV-Portaal 2021-01-22

Taalgenoot bied soveel meer as die tradisionele nistydskrif: boeiende, interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl, asook ’n in-diepte kyk na die werk van die ATKV.

Ina Rousseau (1926–2005)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-01-14

"Daar moenie vir my voorgesê word wat ek moet lees en nie moet lees nie, nes daar nie vir my voorgesê moet word wat ek moet eet en nie moet eet nie. Nes eet behoort lees te alle tye ’n aktiwiteit van genieting te wees wat met vreugde beoefen word." Lees oor Ina Rousseau se lewe en werk.

JC Kannemeyer (1939–2011)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-01-04

"Afrikaans beleef ’n tydelike terugslag. Ons kry seer. Ons sal seker nog seerder kry. Maar daar is in dié taal soveel geestelike energie werksaam, dis nie deur politici of ’n regering afskryfbaar nie. Daar moet ’n kentering kom." Lees oor JC Kannemeyer se lewe en werk.

Audrey Blignault (1916–2008)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-12-22

"Vandat ek kan onthou, het die woord my bekoor. Ek wou altyd skryf. Ek het nie gedink hoe ek wou skryf nie. Ek het geweet: ek wil vertel. Ek wil sê hoe dit is."

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met wenner Nichola Viviers

Naomi Meyer, Nichola Viviers ATKV-Portaal 2020-12-02

"Alhoewel die virusregulasies leë teaters tot gevolg gehad het, het dit beslis die idee wat ons van teater het en kan hê, vir ewig en totaal verander. Omstandighede het kreatiewe skeppers forseer om nuwe maniere van kuns maak te skep en DigiToneel is maar net een klein voorbeeld van hierdie uiters voordelige aanpassings."

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met naaswenner Jeanne-Marié Koekemoer

Naomi Meyer, Jeanne-Marié Koekemoer ATKV-Portaal 2020-12-02

"Dit is ongelooflik om te sien hoe mense aanhou aanpas en vervorm binne hul gegewe omstandighede en ek dink dis vreeslik nodig om aan te hou beweeg, te verander en groei en dan met dinge soos digitale vertonings dit wel regkry en wel iewers kom."

ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent

Naomi Meyer, Merwe van Gent ATKV-Portaal 2020-12-02

"Teater is vir my net so noodsaaklik soos water. Daarsonder sal die samelewing inmekaar tuimel."

Christine Barkhuizen-le Roux (1959–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-11-26

“Ek hou daarvan dat elke woord in digkuns soveel gewig dra. ’n Mens moet letterlik oor elke woord dink en besluit of dit sy plekkie in die gedig werd is.” Christine Barkhuizen-le Roux se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

Dana Snyman: Commendatio by die oorhandiging van ’n ATKV-oorkonde

ATKV ATKV-Portaal 2020-11-24

"Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het..."

ATKV-Tienertoneel 2020: Wenners aangewys

ATKV ATKV-Portaal 2020-11-19

Ná 223 nuutgeskrewe tekste, 478 mentorskapsessies en die fyn beoordeling van 255 video’s deur ons bekwame beoordelaarspaneel is die wenner van ATKV-Tienertoneel 2020 Saterdagaand digitaal aangekondig.

Dalene Matthee (1938–2005)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-11-19

"Baie mense dink ek het ’n spesiale verhouding met die Bos en met die olifante. Hulle sien maande lank nie ’n enkele olifant nie en skielik op ’n dag lê daar ’n bol stomende mis. Dan sê hulle: 'Dalene Matthee is hier iewers. Daarom het die olifante gekom.'"

ATKV-Tienertoneelfinaal 2020: Jy word hartlik uitgenooi!

LitNet ATKV-Portaal 2020-11-14

Skakel in op Saterdagaand 14 November 2020 om 18:00 en woon die geleentheid virtueel by. Hier is nog inligting.

Christoffel Coetzee (1945–1999)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-11-09

"Elke politieke e-pos skep sy eie geskiedenis en dit vind ek fassinerend."

Jeanne Goosen (1938–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-10-28

“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor.”

ATKV-Woordveertjies vir prosa, niefiksie en spanningslektuur

ATKV ATKV-Portaal 2020-10-23

Die ATKV-Woordveertjies vir prosa, niefiksie en spanningslektuur is bekendgemaak.

ATKV-Woordveertjies vir poësie, dramatekste en woordeboeke

ATKV ATKV-Portaal 2020-10-22

Die ATKV-Woordveertjies vir poësie, dramatekste en woordeboeke is pas bekend gemaak.

Skrywers van LitNet Akademies-artikels ontvang gesogte toekennings

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-10-21

Johann Beukes en Rinda Botha het ATKV-SA Akademiepryse ontvang vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans wat in LitNet Akademies verskyn het.

MM Walters (1929–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-10-21

"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

ATKV-Woordveertjies vir liefdesverhale en romanses

ATKV ATKV-Portaal 2020-10-21

Die wenners van ATKV-Woordveertjies in die kategorieë liefdesromans en romanses is vanoggend bekend gemaak.

Top