Persverklaring: ATKV-DigiToneel se top-16 toor met 2022-temawolk!
2022-05-10Met ATKV-DigiToneel is daar geen kortpaaie deur byvoorbeeld bestaande werk af te stof en nuut aan te bied nie. Die doel met DigiToneel is om nuwe werk te skep en dit vir kamera te verfilm.
Persverklaring: ATKV-Crescendo se Platformsessies-musiekproduksie hierdie maand in Stellenbosch om aandag op opkomende sterre te vestig
2022-05-10"Dis die eerste keer dat ons slegs vroue op die verhoog gaan hê – dit is ’n geleentheid om ons vroueliedjieskrywers te vier en hulle te vereer, aangesien ons wil hê die wêreld moet die uniekheid van hul skryfstyl hoor, en hul vaardigheid as vermaaklikheidskunstenaars aanskou."
Louis Esterhuizen (1955–)
2022-05-10"Poësie is nie gedrukte woorde op papier met ’n enkele of eksakte betekenis nie. Dit is die resonansie wat ontstaan tussen die woordsuggesties op papier en die ervaringswêreld van die leser." Lees oor Louis Esterhuizen se lewe en werk.
Elize Botha (1930–2007)
2022-04-29"Om Afrikaans te wees, maak dit vir my maklik om te leef vanuit ’n diverse wêreld. Dit laat my eenheid en verskeidenheid makliker verstaan."
Persverklaring: Die ATKV kondig finaliste aan wat deurgaan na die volgende rondte van die ATKV-Crescendo Mentorskapprogram
2022-04-13Die mentorskapprogram het dit sedert 2014 ten doel om talentvolle liedjieskrywers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om die kompeterende Afrikaanse musiekindustrie aan te durf.
Petra Müller (1935–2021)
2022-03-29"Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie; jy moet net bereid wees om dit te doen." Lees oor Petra Müller se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Louis Eksteen (1930–2001)
2022-03-23"Ons hier in Suid-Afrika skryf deesdae veels te veel en daar word oneindig baie gepubliseer. Ons bloei ons leeg!" Lees oor Louis Eksteen se lewe en werk.
CF Beyers-Boshoff (1926–1989)
2022-03-15"As jy skryf, moet dit wees soos ’n stuk rou lewer wat jy op wit satyn gooi. Vir subtiliteit is daar in kommersiële skryfwerk min plek." Lees oor CF Beyers-Boshoff se lewe en werk.
Deborah Steinmair (1962–)
2022-03-11"Vir my is dit vlieg sonder vlerke. Sodra jy óf begin twyfel óf begin grootkop kry, sink jy soos ’n klip. Skryf is baie opwindend en baie vreesaanjaend. Beheer is ’n illusie."
Johan Combrink-gedenklesing 2022: ’n Postpandemie kultuur
2022-02-24"Die uitvoerende kunste bied belangrike sleutels om weer menswaardigheid te ontsluit in ’n postpandemiese Suid-Afrika."
Marlene van Niekerk (1954–)
2022-02-09"Die hoogste geluk is om te skryf." Marlene van Niekerk se ATKV|LitNet-Skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Liedjieskrywers! Oudisies binnekort vir ATKV-Crescendo
2022-01-27Enige iemand met ’n hart vol lirieke en ’n notaboekie vol deuntjies kan nou aansoek doen vir die ATKV-Crescendo-program. Jy kan dalk in die musikale voetspore van die Suid-Afrikaanse supersterre soos Anneli van Rooyen, Whaden Johannes en Jodi Jantjies volg, deur aan te sluit by die ATKV-Crescendo-gesin.
Hennie Aucamp (1934–2014)
2022-01-14"’n Mens moet leer om ’n afstand tot dinge én mense te behou. So bly dinge en mense vir jou nuut; só bly jy ook vir bekendes nuut." Hennie Aucamp se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Riana Mouton (geboortejaar onbekend)
2021-11-30"Ek sien skryf as selfontdekking. Ek het ’n kant van myself ontdek wat ek van hou."
Marié Heese (1942–)
2021-11-23"As jy die skrywersgeen het, is daar nie uitkomkans nie. Jy skryf jou lewe lank. Al publiseer jy nie noodwendig nie."
Persverklaring: Jong talent en groot passie is gekies vir die kollig
2021-10-28Die ATKV het vanjaar die teatergrense verskuif met sy DigiToneelkompetisie deurdat die top-10-finaliste hulle buiging gemaak het in ons eie nuutvervaardigde realiteitsreeks vir Via, Gekies vir die kollig, op DStv-kanaal 147.
Persverklaring: Jodi Jantjies, sangeres en liedjieskryfster van Mitchell's Plein, stel haar album bekend
2021-10-28Hierdie album gee mense die geleentheid om Jodi as ’n solokunstenaar te leer ken met haar diep en sielvolle musiek, met invloede van jazz, soul, alternatiewe klanke en met ’n bietjie Pinkster tussenin.
JC Steyn (1938–2021)
2021-10-21"Taalstryde wat in taalliefde bly vassteek, het geen kans op sukses nie. Die geslaagde taalbewegings is dié waarin die bevordering van die taal gekoppel word aan die bemagtiging en opheffing van die mense wat dit praat."
Persverklaring: Onblusbare talent bekroon tydens ATKV-Tienertoneelfinaal
2021-10-14Hier volg ’n volledige lys van wenners tydens ATKV-Tienertoneel se nasionale finaal 2021.
ATKV-Kinderboektoekennings 2022: Reglement & Inskrywingsvorm
2021-10-14Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.

