Trisa Hugo

Trisa Hugo het in 1972 in Brits matrikuleer en het na ’n verskeidenheid beroepe in Kleinmond geland in ’n gastehuis wat sy bedryf. Hoewel sy ’n paar grade en diplomas langs die pad verwerf het, teken sy nou prentjies met ’n stokkie op die strand wat dan waar word. Verder skryf sy nou die stories wat haar karakters aandring vertel moet word.

Elders gesien: Daar is nou baie gesprekke oor hoe ons almal verarm

Trisa Hugo Elders gesien 2023-03-06

"Ons, as jongmense in die vroeë sewentigs, het in klein woonstelletjies gebly, bus gery of met een kar klaargekom. Uiteet was beperk tot tweemaal per jaar, met die vrou se verjaarsdag en ’n huweliksherdenking."

KI vir die gewone gebruiker

Trisa Hugo Menings 2023-01-24

"Vir my is dit belangrik dat ons blootgestel word aan KI, sodat ons in staat is om die volle potensiaal daarvan te ontgin, terwyl ons die nadele minimaliseer. Wie wil nou ’n oumens word wat net op sy eie geheue moet staatmaak?"

Elders gesien: Vir my is die see helend

Trisa Hugo Elders gesien 2023-01-04

"Die reuk van vars uitgespoelde kelp het vir my die weeïge reuk van ’n vrou se verlange. Die see se bui is elke dag anders, die kleure allermins altyd in skakerings van blou, groen en grys."

Toyota US Woordfees 2022: Boekemacrazies by die Toyota US Woordfees

Izak de Vries, Trisa Hugo, Analize Viljoen Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-17

Trisa Hugo en Analize Viljoen van Boekemakranka deel hulle indrukke van die pas afgelope Toyota US Woordfees. Izak de Vries het met hulle gesels.

Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen

Trisa Hugo Lesersindrukke 2022-07-19

"Sy het geensins probeer om die karakters in enige boksie te plaas, of spesifieke 'gay' optrede verwag van die karakters nie. Dit is ’n segment van die lewe, ’n liefdesverhaal soos enige ander."

Anton Müller – Ek onthou: ’n outistiese seun se lewensreis: persoonlike indrukke

Trisa Hugo Resensies 2021-11-08

"Mense wat hom ken, sal sy stem in die teks hoor. Die skryfproses was ook vir Anton ’n manier om dankie te sê vir die liefde en ondersteuning wat hy vir meer as ses dekades uit soveel oorde gekry het. Dit kom letterlik op elke bladsy na vore. Anton se boek is ’n dokument van hoop vir talle ouers met kinders op die outismespektrum."

COVID-19: Februarie 2021 se virusnarratiewe

Naomi Meyer, Trisa Hugo, Mashi Sauls, Sonja Paulse, Rosa Lombaard, Theo Kemp Onderhoude 2021-02-02

Is inentings die antwoord? Hoe voel jou gemeenskap in hierdie tyd oor COVID-19? Wie dra nog maskers? Naomi Meyer het ’n paar lesers in hierdie tyd oor hul ervarings van COVID-19 gevra.

Elders gesien: Hoe gaan ons hierdie kollektiewe trauma vorentoe hanteer?

Trisa Hugo Elders gesien 2021-01-08

"Ons samelewing is ontredder, ontwortel, niks maak sin nie. Mense kry swaar en elkeen hanteer dit soos hy kan. As mense die werklikheid regtig in die gesig gaan moet kyk na hierdie fase van ontkenning, wat dan? Hoe gaan hulle staande bly?"

Elders gesien: Elke boksie getick vir COVID-19

Trisa Hugo Elders gesien 2020-09-21

"Nou eers hoor ek van hoeveel mense in my dorp dit het / gehad het. Mense praat nie. Hoekom nie? Ek weet waarom ek my nie laat toets het nie, ons isoleer bloot en bly binne."

Indrukke van ’n dag by die Woordfees

Trisa Hugo SêNet-briewe 2020-03-16

"Dis besig, die organisasie is vlot, alles werk."

Wat het jy in 1966 gelees?

Trisa Hugo SêNet-briewe 2020-03-09

"Hiermee net ’n groot dankie aan elke skrywer, elke uitgewer, elke resensent, elke webblad soos LitNet, wat hierdie dinge op ’n skerm iewers in my sig bring. Lees is en was altyd my groot liefde en ons sal as minnaars sterf."

Lesersindruk: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-le Roux

Trisa Hugo Lesersindrukke 2019-12-04

"Dit is ’n onthutsende verhaal oor die skending van onskuld, die toesmeer van dinge en ook die aandeel van elkeen wat kies om daaroor te swyg."

Trisa Hugo onthou vir Engemi Ferreira (19 Maart 1943–10 Oktober 2019)

Trisa Hugo In memoriam 2019-10-14

"Vir my was Engemi ’n baie diep spirituele mens wat liefde geleef het, nie daaroor gepraat het nie. Sy het mense se harte geraak sonder dat sy dit besef het of probeer het."

Winterfoto-kompetisie: Trisa Hugo se inskrywing

Trisa Hugo Fotokompetisies 2019-08-23

Kyk hier hoe lyk Trisa Hugo se inskrywing vir ons winterfoto-kompetisie. 

Jou dorp is my dorp, jou seun is my seun

Trisa Hugo Menings 2019-01-14

"Wanneer jy gekonfronteer word met die mens in sy naakte menswees, as jy sien hoe mense ’n hele lewe eensklaps verloor, sien jy dinge in perspektief. Die essensie van die lewe het niks te doen met dit waarmee ons onsself groot dele van die dag besig hou nie."

Top