Indrukke van ’n dag by die Woordfees

  • 2

Lise Swart (foto: Trisa Hugo) en Jackie Lätti (foto: Trisa Hugo)

Die jongmense van Stellenbosch is regtig vriendelik en behulpsaam. Jy moet net lyk of jy sukkel met rigting of iets, en ’n vriendelik gesig vra of jy hulp nodig het. 
 
En so affekteer die koronavirus ook die Woordfees ... Die skrywer Christy Lefteri, skrywer van Beekeeper of Aleppo, moes op kort kennisgewing haar besoek aan Suid-Afrika en die Woordfees kanselleer. But never fear when Meg Vandermerwe (skrywer van Vrou van die klippesee) is near ... Sy lei die paneelbespreking met Marita van der Vyver en Diana Ferrus asof dit so beplan was. 
 
Elke produksie wat ek bygewoon het, was gepak met mense honger vir kuns en kultuur. Opvallend was vir my hoe multi-talentvol die kunstenaars is en hoe mediums gemeng word. 
 
Dis besig, die organisasie is vlot, alles werk. Dit is heerlik om jaar vir jaar meer te sukkel om te kies tussen produksies! 
  • 2

Kommentaar

  • Was altyd onder die indruk dat die Woordfees 'n Afrikaanse ding is wat totstand gebring is om Afrikaans te bevoordeel. Dit was seker maar iewers op 'n manier in die agterkop totdat ek met vanjaar se ding besef dat dit nie eintlik so is nie. Dis 50% of meer aktueel met Engels as gesprekstaal. Hoor 'n "man of arts" sê dat Engels al 350 jaar aan die Kaap is en dus 'n plek het. Sover ek weet het Engels maar eers in 1795 'n vastrap begin kry en dis daar op Kyknet dat ek agterkom dis nie 'n 'Afrikaanse' Woordfees nie, net Woordfees.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Afrikaanse KKNK of net KKNK?
    Ons moet Afrikaanse fees in Orania begin! Sonder om radiostasies en Media te nooi.
    Dit moet streng Afrikaans wees.
    Sg feeste mislei veral wit Afrikaners.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top