Elders gesien: Elke boksie getick vir COVID-19

  • 0

Foto: Canva.com

Trisa Hugo skryf op Facebook:

Ek het nou elke boksie getick vir COVID-19:

  • Koors en body shivers wat ek nog nooit eers in my nursing dae gesien het nie. 
  • Ondraaglike hoofpyne
  • Hartkloppings
  • Lyfpyne, gewrigspyne erger as gordelroos
  • Geen smaak, geen eetlus
  • Erge, erge fatigue. Geen krag om te kou
  • Droë hol hoes

Ek word goed versorg, ek kry medisyne, vloeistowwe, gesnyde sagte en gestoofde vrugte en bietjie sop. My saturasie was danksy my streng dogters en hulle mediese vriende met hulle asemhalingsoefeninge en posisies wat my longe skoonhou, nooit onder 96. My dokter hou ook ’n oog.

Dit lyk of die ding gedraai het, hoofpyne reageer op pynpille, pols nou konstant onder 80 en shivers weg. So ja, nou moet ek net sterker word.

Ons was, ons mask, ons sanitize, ons social distance. So nee, ek weet ook nie.

Nou eers hoor ek van hoeveel mense in my dorp dit het / gehad het. Mense praat nie. Hoekom nie? Ek weet waarom ek my nie laat toets het nie, ons isoleer bloot en bly binne.

Nou waarom is soveel mense so bang vir die app waarop jy sélf moet aandui dat jy positief getoets is, dat hulle nie eers ag gee op die unfriend-versoek nie? Selfs COVID-19 gaan nie my gesonde breinselle aantas nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top