Elders gesien: Hoe gaan ons hierdie kollektiewe trauma vorentoe hanteer?

  • 0

Foto: Izak de Vries

 
Trisa Hugo skryf of Facebook:
 
Daar is vanaand ’n diep hartseer in my, sodat ek fisiek die pyn voel. Die magteloosheid om te sit en kyk hoe groepe mense en gesinne by een huis kuier, karre wat daar kom en gaan van ander plekke en kindertjies wat jil en speel. En dieselfde mense stap na dieselde winkel toe as ons en ons is uitgelewer aan hulle gedrag.
 
Dan maak ek Facebook oop en lees hoeveel mense eenvoudig die realiteit ontken op soveel verskillende vlakke. Ek sien trauma om my, ek hoor van siekte en dood, en ek hoor hoe mense dit steeds net eenvoudig ontken. Hoe gaan ons hierdie kollektiewe trauma vorentoe hanteer? Hierdie woede in mense wat in mekaar se kele afspring op elke groep?
 
Dit laat my dink aan Eugène Marais se Siel van die mier, daardie miernes wat afsterf as die koningin verwyder word. Ons samelewing is ontredder, ontwortel, niks maak sin nie. Mense kry swaar en elkeen hanteer dit soos hy kan. As mense die werklikheid regtig in die gesig gaan moet kyk na hierdie fase van ontkenning, wat dan? Hoe gaan hulle staande bly?
 
My hart is seer, my lyf pyn, my psige is gekneus van wat ek om my sien en voel. En nie een van ons kan iéts daaraan doen nie.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top