Wie kan onthou toe die hele literêre wêreld deur ’n handvol groot name gedomineer is, met die enigste alternatief net romanses, of swakkerige speurverhale? En daar neergesien was op die lees van liefdesverhale?
Deesdae is dit so lekker, daar is hordes skrywers, nuwe genres en oorskryding van grense op alle gebiede wat voorheen netjies afgebaken was. Niemand is meer te oud om te skryf nie (Dink Daan se Dao) en die jonges se stories wat oral te lees is verstom my. Geen onderwerpe of taalgebruik is meer verbode nie en niks word as minderwaardig geag nie. Name van wie mens nog nooit gehoor het nie, wen pryse (dink Marie Toerien). Met die Woordfees wat aan die gang is, is daar soveel keuses, soveel kuns. Hoe kies mens? Daar is soveel produksies waar woorde, musiek en teater ontmoet. Dit is so in pas met die lewe deesdae, anything goes. En die sale sit vol en die volgende kunsfees word gereël. En ons wat ouer is wat kan onthou hoe dit was, kan vergelyk en waardeer wat nou aangebied word.
My liefde vir kortverhale kom ’n ver pad. In ’n baie klein plattelandse skooltjie met 4 onderwysers in Noordwes, Pansdrif Laerskool, was die verskeidenheid leesstof in die biblioteek maar beperk en ek die enigste kind in my klas wat vrywillig boeke uitgeneem het – tot die irritasie van juffrou Millie, wat die biblioteek spesiaal vir my moes gaan oopsluit. Daar het ek die kortverhaalbundel "Roosmaryn" en "Wynruit" deur Linda Joubert (skuilnaam van Henriette Grové), in 1966 uitgeneem. Dit was my heel eerste "volwasse" boek wat ek ooit gelees het en dit het ’n groot indruk op my gemaak. My ma het dit ook gelees en daarvan gehou.
Sedertdien het ek oor die jare ongeveer alles gelees wat in Afrikaans gepubliseer is. Tot ’n klompie jaar gelede, toe ek besef hoe het die literêre aanbod ontplof, en ek kan nou maar net hier en daar stukke daarvan vang. My Kindle se brein bly vol, ek lees elke dag, maar dan het my belangstellings ook gegroei en ek lees ook baie nie-fiksie en noodwendig vakliteratuur omdat ek weer gejeuk het om iets te leer.
Hiermee net ’n groot dankie aan elke skrywer, elke uitgewer, elke resensent, elke webblad soos LitNet wat hierdie dinge op ’n skerm iewers in my sig bring. Lees is en was altyd my groot liefde en ons sal as minnaars sterf.
Trisa Hugo
Kommentaar
Goeie niefiksie is soos biltong met ʼn lekker reep vet en fiksie soos Lindt-sjokolade.
Ek lees tans (huidiglik) Hermann Giliomee se ‘die Afrikaners’ en is vas oortuig jy sal hom gate uit geniet en jou plek-plek ʼn papie lag.
ʼn Lusmakertjie uit ʼn ligter tydstip gaan so: “In 1854 het De Zuid-Afrikaan krities na verkiesings verwys as ‘ ʼn polariserende siekte’, wat die ‘mense’ teen die ‘gespuis’ opgestel het. ʼn Aantal jare later het die koerant geskryf dat ‘Maleiers, Hottentotte en Kaffers maklik deur ryk en ambisieuse politieke aspirante omgekoop word ... Hulle het van verkiesings ʼn klug gemaak en van verteenwoordigende regering ʼn blote slagspreek.’
Afrikaner-politici in die Kaapkolonie het egter volgehou om die bruin en swart mense se stem te probeer wen. Hulle sou die gekleurde stem in 1908 en 1909 se konstitusionele debatte oor ʼn grondwet vir Suid-Afrika sterk verdedig.
Die meerderwaardigheidsgevoel het deel van baie Britte se ingesteldheid gebly. Teen die einde van die negentiende eeu het die skrywer Olive Schreiner vertel dat sy as jong meisie aan die Oos-Kaap in die 1860’s gedink het dit is onregverdig van God ‘om ons soveel beter te maak as al die ander nasies’. Dit was vir haar onmoontlik om suiker te eet waaraan ʼn Afrikaner-kind geraak het of tussen lakens te slaap wat voorheen deur ʼn ‘Dutchman’ gebruik is.”
ʼn Mens wonder onwillekeurig of ʼn dumb Dutchman of soutpiel ooit polisie toe is met ʼn klag van crimen iniuria en of die hof ses maande direkte gevangenisstraf sou oorweeg. Dalk eerder ʼn gepaste boete in die geval van de minimis non curat lex?
Skynbaar moet ons meer as leeskaarte gelees het? Leeskaarte was deel van skole se beginfases.
Daar was eers opleiding in Biblioteekkunde, voor ons toegang in skoolbiblioteke kon kry. Ek onthou nog dat boeke “kanker” kon kry as jy met vuil hande gelees het. Dat jy brandspiritus lappie moes gebruik om boek se omslag skoon te maak ens. Twee indekse was gebruik, een vir naslaanwerke en een vir gewone boeke.
Ek het nie meer gelees as strokiesprente en fotoverhale boeke van oa Ruiter in swart, Tonto en sy cowboy, albei eintlik spookkarakters.
Ag jinne, kyk net so vir ou preutse Hansie - sê niks van die 'Scope' nie.
Ek't gou Scope gewikipedia "At the time, the editor, David Mullany said "it is time for the magazine to grow up ... and to address itself not merely to schoolboys".
Scope kon ek eers later bekostig!
Nee wat, ek is nie skaam om te sê dat ek Scope se middelblad gekyk het nie, eers in begin. 1970’s. Ook nie dat ek toe ek ouer was so nou-en-dan ’n James Hadley-Chase gelees het nie.
Raed-na-gael, ek het met Sad Sack van Marvel comics en The Lone Ranger en Tonto begin, om prentjies te kyk, voor ek opgegradeer het na Scope. Ek die Lone Ranger was agter in Patrys. Dan was daar die Arcimedus-tydskrif, wat ek by pêl geleen het. Natuurlik ook die ou tydskrifte (Sarie, Rooi Rose en Huisgenoot) in emmertoilet en longdrop, buitekant, daar was nooit vervelige oomblik voor wit rolpapier nie.
Ek het ook heelwat strokiesprentverhale en "comics" gelees. Donald Duck, Mickey Mouse, Superman en ander. Romans uit daardie jare kan ek nie onthou nie, hoewel ek Rooi Jan en die Swart Luiperdman en van die Franse Vreemde Legioen onthou.
Tiens Pretorius, moet nie Tarzan vergeet nie.
Ja, ek het die oorspronklike Tarzan gelees en van die latere boeke, wat vir my ongeloofwaardig voorgekom het. Minder geloofwaardig as ’n man wat saam met die ape in die bome rondswaai ...
Daar was ook my broer en susters se Engelse klassieke verhale, in prentjies, bv. “Mutiny on the Bounty”, “Tale of two cities”, “Robinson Crusoe”, ea. Ek het wilde verbeeldingsvlugte gehad, na aanleiding van strokiesprentverhale, op my eie en saam met pêlle. Wit armoede was nog volop, maar ons was nie arm met boeke nie.
1966? Bart Nel, Swart Pelgrim, A Midsummer Night's Dream, De Bello Gallico, the Sea Hawk, gedigte van Shakespeare, Ovidius en Vergilius, kortverhale van, onder andere, M.E R. en T.T. Cloete, alles voorgeskryf vir die matriekeksamen. Ek besef nou eers dit was ’n goeie jaar vir lees.
Tussen-in: Die Snydokter van Stalingrad, White Fang, Cry the Beloved Country (beter as Swart Pelgrim) en boeke 1 tot 9 van die Afrikaanse Kinderensiklopedie en vele ander, te veel om hier te noem.
Mense, daar is goeie herinneringe uit daardie tyd. Die Penguin Shakespeare-boeke was nooit my gunsteling op my ma se boekrakkie nie.
Daar was ook die tuismedikasie-boeke, wat soos Kook-en-geniet, langs Bybels gestaan het.
Nou ja, FA Venter het verskeie skuilname gehad en was nie net Swartpelgrim se outeur nie, maar ook Swart Luiperd-reeks se outeur.
Uys Krige se “Sout van die Aarde”.
Die Bybel.
In 1966 was ek in Standard 1. My ma was die enigste ouer in ons beurt wat die Kyk, Dr Conrad Brand, Suster Theresa, Ruiter in Swart en ander 'kiekieboeke' gekoop het - ek hoef seker nie verder te verduidelik dat ons (ons was drie kinders, oudste broer is drie jaar ouer as ek en my suster is een jaar ouer as ek) die meeste maats gehad het en dat ons huis die populêrste in die beurt was nie!
Sowaar!
Angus,... Ja nè.
Dit was nou so, geen keuse gehad nie.
Die Keurboslaanreeks. Serfontein die outeur?
Hans, ja, Talle goedkoop boekies: Swart Luiperd, Rooi Els. Franse Vreemde Legioen.
Iemand het my vertel van 'n laaitie wat sy pa se Scope in die hande gekry het. Onmiddellik die middelblad oopgeslaan en gestaar. Hy vra toe vir sy pa, Pa wat is 'n p&£@. Sy pa antwoord toe: Die donner wat al die sterretjies op die girls plak.
Ja nè ... Reusedwerg. Dis die bitterbeker van bybelverhale. Vra vir Salomo wat te veel gehad het van 'n middelbladharem...
Of Adam wat agter vyeblaar geloer het en hele wêreld nou laat sweet.
Hans,
Die vyeblaar is 'n latere innnovasie. 'n Handeling na die daad. Die heel eerste wegsteek, die verbloeming, verneukspul - Weersin - ek wil nie hê jy moet dink ek is so nie.
Sus en Daan
Pollie papapegaai op leeskaarte..
Ek was ses jaar oud, maar ouer susters het my leer lees en skryf, voor ek skooltoe is op vyf. Ek was onwillige "leerling", maar my ma het my gevoeter as ek geweier...
Ek eers stil leer lees, na 1966...