Suzette Myburgh

Suzette Myburgh het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek in 1989. Ná nege jaar by Tafelberg Uitgewers begin werk sy vryskut in die uitgewersbedryf, hoofsaaklik as fiksieredakteur. Haar ander projekte sluit in filmresensies vir LitNet en kykNET, sowel as radio-onderhoude vir die program Skrywers en boeke. Sy gee ook opleiding vir fiksieredakteurs. As medesamesteller werk sy aan die Nuwe Stories-bundels, Nuwe kinderverseboek saam met Riana Scheepers, en nog twee rympiebundels. Sy is die sameroeper van die keurpaneel vir die US Woordfeesbundels, ’n projek wat tans in sy sewende jaar is. Sedert 2019 is sy die Afrikaanse mentor in die Jakes Gerwel Stigting se ontwikkelingsprogram vir opkomende skrywers.

My afternoons with Margueritte – lewensbevestigend

Suzette Myburgh 2012-10-23 "Germain (Gérard Depardieu) is ’n groot nutsman met ’n groot hart, maar hy is die spreekwoordelike ruwe diamant."

Moonrise Kingdom – ’n ligte aanslag

Suzette Myburgh 2012-10-23 "Tydens ’n skoolkonsert raak hy verlief op Suzi (Kara Hayward), net so wêreldvreemd soos hy, en hulle besluit om weg te loop sodat hulle bymekaar kan wees."

Farewell, my queen – ’n pragtige, meesleurende film

Suzette Myburgh 2012-10-23 "In die swierige Versailles-paleis probeer koningin Marié Antoinette (Diane Kruger) desperaat die skyn van normaliteit bewaar ..."

Film-resensie: My afternoons with Margueritte

Suzette Myburgh 2012-10-03 'n Lekkerkry Franse film.

Die Wonderwerker: Deur en deur die wag werd

Suzette Myburgh 2012-09-12 "Soos alle goeie kuns transendeer hierdie film van die spesifieke (’n huisgesin van vyf mense in ’n afgeslote ruimte) na die universele (dít wat voorkom in alle menseverhoudinge)."

To Rome with love: Satire is heerlik lig en gemoedelik

Suzette Myburgh 2012-09-05 "Hy het lanklaas in een van sy eie flieks gespeel, en hy is blykbaar nog nie moeg vir sy 'neurotiese klein mannetjie'-ding nie ..."

Marley: ’n Goeie dokumentêr wat verskeie perspektiewe open

Suzette Myburgh 2012-08-16 "Marley is gebore in 1945; hy het sy pa, 'n Brit, nooit geken nie. Die verwerping wat hy as kind van gemengde afkoms ervaar het, het 'n lewenslange invloed op hom gehad."

Vincent Wants to Sea: Hoog aan te beveel vir die ernstige kyker

Suzette Myburgh 2012-08-08 "Daar word net genoeg afwykende gedrag gewys om oortuigend te wees, maar nooit soveel dat die karakters in fratse verander nie."

Film-resensie: The sound of my voice

Suzette Myburgh 2012-08-01 "Peter (Christopher Denham) en sy meisie, Lorna (Nicole Vicius), is besig om ’n dokumentêre film oor godsdienstige kultusse te maak."

Film-resensie: Lucky

Suzette Myburgh 2012-08-01 "Die tienjarige Lucky (Sihle Dlamini) se ma word siek en gaan stad toe. Sy kom in ’n doodskis terug."

The Snows of Kilimanjaro: ’n film met ’n groot, warm hart

Suzette Myburgh 2012-06-28 Ek het vanjaar nog min goeie flieks gesien; hierdie is een van hulle.

The Rum Diary: ’n heerlike, dronk, chaotiese jaagtog

Suzette Myburgh 2012-06-21 Hierdie film is ’n heerlike, dronk, chaotiese jaagtog vol absurde humor, maar met ’n heel ernstige ondertoon.

The Hunger Games: ’n Puik uitbeelding van die boek

Suzette Myburgh 2012-06-01 "Die fliek is in absoluut elke opsig ’n puik uitbeelding van die boek. Lees en gaan kyk!"

Otelo Burning is ’n donker film met puik toneelspel

Suzette Myburgh 2012-05-16 "Soos die titel aandui, volg die film die patroon van ’n Shakespeare-tragedie. Ek het gevoel dat daar darem té veel gruwels met die een karakter gebeur, maar toegegee: al die drade van die intrige is goed ontwikkel en heg saamgebind."

The Best Exotic Marigold Hotel sommer net vir geniet

Suzette Myburgh 2012-04-10 Suzette Kotzé-Myburgh het na The Best Exotic Marigold Hotel gaan kyk.  "Die Britte se ontmoeting met warmhartige, kleurryke, chaotiese Indië is merendeels ’n kultuurskok, maar bied ook juwele van menslike interaksie – en pragtige filmtonele."
Top