Otelo Burning is ’n donker film met puik toneelspel

  • 1


Otelo Burning

Regisseur: Sarah Blecher

Rolverdeling: Jafta Mamabolo, Thomas Gumede, Tshepang Mohlomi, Sihle Xaba, Kenneth Nkosi


Dis ’n jammerte as uitstekende Suid-Afrikaanse films soos Lucky nie op die algemene kringloop verskyn nie. (Ek het dit by die Wynland Filmfees gesien.) Ten minste het Otelo Burning, wat reeds vir verskeie internasionale filmfeeste gekies is, ons kringloop gehaal.

Die verhaal draai om ’n groepie swart tienerseuns van Durban wat in die laat 1980’s leer branderry en uitsonderlik presteer het, veral as in ag geneem word dat die hoofkarakter, Otelo Buthelezi (Jafta Mamabolo), as sestienjarige vir die eerste keer in die see swem. Otelo en sy vriend New Year (Thomas Gumede) sien branderry as ’n manier om uit hul haglike huislike omstandighede te ontsnap, want hulle leef te midde van die oorlog tussen die “comrades” en Inkatha, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisie ondersteun word. Wanneer vryheid (simbolies) aanbreek met die vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990, is daar net die mees ironiese vorm van vryheid vir Otelo oor.

Soos die titel aandui, volg die film die patroon van ’n Shakespeare-tragedie. Ek het gevoel dat daar darem té veel gruwels met die een karakter gebeur, maar toegegee: al die drade van die intrige is goed ontwikkel en heg saamgebind.

Die toneelspel is deurgaans puik, en dis ’n plesier om Tshepang Mohlomi, vroeër in Izulu Lami, weer op die grootskerm te sien. Die branderrytonele is van die min ligpunte in hierdie andersins donker film.

"

  • 1

Kommentaar

  • Just a correction: the film LUCKY is actually confirmed for release in July 20th across select screens in SA.   We will keep you posted as to where closer to the time. Thank you for your support on COMBAT and & OTELO BURNING.  Much appreciated. Best, Bianca Miles, Marketing and PR Indigenous Film Distribution

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top