Suzette Myburgh

Suzette Myburgh het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek in 1989. Ná nege jaar by Tafelberg Uitgewers begin werk sy vryskut in die uitgewersbedryf, hoofsaaklik as fiksieredakteur. Haar ander projekte sluit in filmresensies vir LitNet en kykNET, sowel as radio-onderhoude vir die program Skrywers en boeke. Sy gee ook opleiding vir fiksieredakteurs. As medesamesteller werk sy aan die Nuwe Stories-bundels, Nuwe kinderverseboek saam met Riana Scheepers, en nog twee rympiebundels. Sy is die sameroeper van die keurpaneel vir die US Woordfeesbundels, ’n projek wat tans in sy sewende jaar is. Sedert 2019 is sy die Afrikaanse mentor in die Jakes Gerwel Stigting se ontwikkelingsprogram vir opkomende skrywers.

Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Alledaagse insomnia"

Suzette Myburgh 2013-04-17 Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Alledaagse insomnia"

Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Desperate Housewife"

Suzette Myburgh 2013-04-17 Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Desperate Housewife"

Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Petrus"

Suzette Myburgh 2013-04-17 Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Petrus"

Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Behoede my"

Suzette Myburgh 2013-04-17 Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Behoede my"

Resensie: The Intouchables

Suzette Myburgh 2013-04-02 "Die middeljarige Philipe (Francois Cluzet) is van sy nek af ondertoe verlam ná ’n skermsweefongeluk. Nie een van die oppassers wat vir dié aristokraat aangestel word, hou lank nie."

Dustin Hoffman verras met Quartet

Suzette Myburgh 2013-03-13 Met alles in die film is die balans nét reg.

Kommentaar op die Oscar-toekennings 2013

Suzette Myburgh 2013-02-26

Die beste nuus oor vanjaar se Oscars is natuurlik dat Searching for Sugar Man die prys gewen het as beste dokumentêr, aangesien twee Suid-Afrikaners gesorg het vir die herrysenis van die sanger Rodriguez.        

Denzel Washington dra Flight

Suzette Myburgh 2013-02-12 "Dan kom die werklike drama: weens ’n opening wat nie behoorlik gesluit het nie, begin die vliegtuig by een vlerk opbreek. In ’n uiters spanningsvolle toneel kry Whip dit wonderbaarlik reg om ’n noodlanding te doen ..."

The Sessions is iets baie besonders

Suzette Myburgh 2013-02-12 "Die fliek sentreer om sy verhouding met sy versorgers (eers Amanda, op wie hy verlief raak, en dan die Chinese Vera), die Katolieke priester, vader Brendan, by wie hy gereeld gaan bieg en raad vra, en Cheryl, die sekssurrogaat."

Butter vol skelm humor

Suzette Myburgh 2013-01-18 "Die tipiese Amerikaanse 'rednecks' word bygekom, maar strykdeur op ’n goedige manier, en die draaiboek wemel van binnepret-oomblikke, veral die slot."

Lincoln een van die boeiendste uitbeeldings van ’n politikus

Suzette Myburgh 2013-01-18 "Die film open met gebeure in Januarie 1865, toe Lincoln pas vir die tweede keer as Amerikaanse president verkies is. Die burgeroorlog tussen die noordelike en suidelike state is in sy vierde jaar."

Top 12 2012: Films van 2012

Suzette Myburgh 2012-12-13 "Daarby is Kirsten Dunst weergaloos in die hoofrol as die jong reklamekunstenaar wat op haar troudag nie inpas in die feestelikhede rondom haar nie."

A Seperation – ernstige fliekkykers sal beloon word

Suzette Myburgh 2012-12-07 "Wanneer hulle vertrek op hande is, weier die man (Peyman Moaadi) om te gaan. Hy wil nie sy pa, wat alzheimersiekte het en by hulle woon, agterlaat nie."

Jeff, who lives at home laat ’n mens tevrede by die teater laat uitstap

Suzette Myburgh 2012-11-21 "Die Jeff van die titel (gespeel deur Segel) is die spreekwoordelike probleemkind. Op dertig bly hy nog in sy ma (Susan Sarandon) se huis, want hy kan net nie rigting kry nie."

Cloud Atlas: Wat ’n fliek!

Suzette Myburgh 2012-11-20 "Ek sou dit eerder tussen die kunsflieks as onder hoofstroomvermaak plaas, want dit vereis ’n gesofistikeerde en geduldige oopkop-kyker."
Top