Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Desperate Housewife"

  • 0

Desperate Housewife: Die eerste keurverslag deur Suzette Kotzé-Myburgh

 


Hierdie storie het baie potensiaal. Jou karakterisering van die arme onderdrukte en onselfgeldende huisvrou (die desperate housewife van die titel) is in die kol. Ja, dis ’n stereotipe, maar stereotipes word juis gevorm omdat hulle so algemeen voorkom. Die verhaal is moeilik in die sin dat jy ’n baie fyn balans moet handhaaf tussen die stem van die alomteenwoordige verteller en Karen se stem (in die derde persoon). Die buiteverteller sien haar (nogal satiries) soos ons, die lesers, haar sien: iemand wat ons bejammer, iemand vasgevang in haar omstandighede. Dis egter belangrik dat daardie perspektief nie moet deurslaan waar Karen se perspektief gebruik word nie, want dis nie hoe sy haarself sien nie.

Jy het ’n goeie skryfstyl en ’n baie goeie oor vir dialoog, maar dis belangrik dat jy leer om jou tekste nog baie fyner te skaaf – dis wat ek met my korreksies probeer aantoon het. In ’n kortverhaal tel elke woord omdat dit so ’n beknopte (die outydse woord is gedronge) medium is.

Klik hier vir nog terugvoer in PDF-formaat.


 

Lees die kortverhaal "Desperate Housewife"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top