Suzette Myburgh

Suzette Myburgh het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek in 1989. Ná nege jaar by Tafelberg Uitgewers begin werk sy vryskut in die uitgewersbedryf, hoofsaaklik as fiksieredakteur. Haar ander projekte sluit in filmresensies vir LitNet en kykNET, sowel as radio-onderhoude vir die program Skrywers en boeke. Sy gee ook opleiding vir fiksieredakteurs. As medesamesteller werk sy aan die Nuwe Stories-bundels, Nuwe kinderverseboek saam met Riana Scheepers, en nog twee rympiebundels. Sy is die sameroeper van die keurpaneel vir die US Woordfeesbundels, ’n projek wat tans in sy sewende jaar is. Sedert 2019 is sy die Afrikaanse mentor in die Jakes Gerwel Stigting se ontwikkelingsprogram vir opkomende skrywers.

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Die vrese van Bennie Wessels"

Suzette Myburgh 2014-05-05 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Die vrese van Bennie Wessels"

Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Akkedis"

Suzette Myburgh 2014-05-05 Nuwe Stories 2014-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Akkedis"

Resensie: Konfetti

Suzette Myburgh 2014-04-30 Komedie is die soort fliek wat ons Suid-Afrikaners die beste doen.

Resensie: The Grand Budapest Hotel

Suzette Myburgh 2014-04-23

Resensie: Philomena

Suzette Myburgh 2014-04-03 "Worse than the ordinary miserable childhood is the miserable Irish childhood, and worse yet is the miserable Irish Catholic childhood."

Resensie: The Grandmaster

Suzette Myburgh 2014-03-25 Dis altyd ’n bonus as jy ’n fliek oor ’n spesifieke onderwerp gaan kyk, in hierdie geval kung fu, en dan kry jy soveel méér.

Resensie: The Animal Communicator

Suzette Myburgh 2014-03-04 Daar wys tans by die Labia in Kaapstad ’n uitsonderlike dokumentêre film, The Animal Communicator, oor Anna Breytenbach. Sy fokus al jare lank op kommunikasie met diere met die doelwit om as brug te dien tussen mense en diere.

Resensie: Saving Mr Banks

Suzette Myburgh 2014-03-04 Die Mary Poppins-boeke staan saam met talle ander op ’n wil-dit-nog-lees-lys in my agterkop. Hierdie besonderse film het my belangstelling só geprikkel dat die storie oor die vlieënde goewernante met die pratende sambreel heelwat plekke opgeskuif het op daardie lys.

Resensie: The Book Thief

Suzette Myburgh 2014-01-28 Die reddende genade van woorde en boeke is ’n ou, ou tema, maar hier word dit nogtans uit ’n vars hoek aangebied – nie die minste daarvan dat die verteller die Dood is nie!

Resensie: 12 Years a Slave

Suzette Myburgh 2014-01-21 "Die spesie mens se rou, brutale wreedheid is vir my onbegryplik. Ek het dit al in talle flieks uitgebeeld gesien, maar selde nog met so ’n groot emosionele impak as in 12 Years a Slave."

Top 10 films van 2013 op LitNet

Suzette Myburgh 2013-12-18 Suzette Kotzé-Myburgh deel haar toptien films uit die 73 films wat vanjaar op haar flieklys was.

Mandela: Long Walk to Freedom

Suzette Myburgh 2013-12-10 Sekerlik die grootste uitdaging wanneer so ’n projek aangepak word, is die omvang daarvan – Nelson Mandela se outobiografie is so dik soos ’n baksteen. Maar die regisseur en draaiboekskrywer, al twee ervare en met groot fliekname op hul kerfstok, kry dit uitstekend reg om met die regte keuse van tonele ’n behoorlike blik op die lewe van dié groot man te gee.

Rust and Bone: Grinterige realisme

Suzette Myburgh 2013-12-10 ’n Klompie nasies is bekend vir hulle kunsflieks: die Franse, Italianers, Spanjaarde en Spaanssprekendes in lande soos Mexiko, Brasilië en Argentinië, Skandinawiërs en in toenemende mate die Amerikaners. Van almal bly die Franse maar my gunsteling, dalk omdat hulle sulke absoluut uiteenlopende films maak.

The Hunger Games: Catching Fire

Suzette Myburgh 2013-12-10

Rush: ’n Stewige drama

Suzette Myburgh 2013-10-23 Rush is glad nie die blote niaaouw-niaaouw-lawaai van renmotors wat om en om ’n baan jaag nie – daarvan sien jy net genoeg om die loop van die storie te volg.
Top