Suzette Myburgh

Suzette Myburgh het ’n BA-graad met lof aan die Universiteit Stellenbosch behaal, gevolg deur ’n honneursgraad in joernalistiek in 1989. Ná nege jaar by Tafelberg Uitgewers begin werk sy vryskut in die uitgewersbedryf, hoofsaaklik as fiksieredakteur. Haar ander projekte sluit in filmresensies vir LitNet en kykNET, sowel as radio-onderhoude vir die program Skrywers en boeke. Sy gee ook opleiding vir fiksieredakteurs. As medesamesteller werk sy aan die Nuwe Stories-bundels, Nuwe kinderverseboek saam met Riana Scheepers, en nog twee rympiebundels. Sy is die sameroeper van die keurpaneel vir die US Woordfeesbundels, ’n projek wat tans in sy sewende jaar is. Sedert 2019 is sy die Afrikaanse mentor in die Jakes Gerwel Stigting se ontwikkelingsprogram vir opkomende skrywers.

Melancholia: Verbind self die kolletjies

Suzette Myburgh 2012-04-03 Suzette Kotzé-Myburgh voel effe masochisties en gaan kyk Melancholia, die jongste film deur Lars von Trier.  Die moeite werd?  Lees haar resensie en vind uit.

The Iron Lady treffend en roerend

Suzette Myburgh 2012-03-28 "Dié biofilm oor die beroemdste Britse premier sedert Winston Churchill kan sy plek trots inneem tussen soortgelyke films oor Howard Hughes, Frida Kahlo, Ray Charles en Edith Piaf."

The Artist in alle opsigte ’n pragtige fliek

Suzette Myburgh 2012-03-23 Suzette Kotzé-Myburg wonder waarom Uggie die hond nie 'n Oscar vir sy spel in The Artist gekry het nie. Hondelewe, darem!

Semi-soet perfekte kykgenot vir ’n Vrydagaand

Suzette Myburgh 2012-03-13 Hierdie semi-soet is sommer heerlik! Net reg vir ’n ontspanne Vrydagaand.

Material is van goeie stoffasie gemaak

Suzette Myburgh 2012-02-28 Hierdie film is in vele opsigte ’n klein juweel. Dit voldoen aan die wekroep dat die Suid-Afrikaanse filmbedryf “ons eie stories met ons eie mense” moet vertel.

The skin I live in – ’n donker reis na seksuele identiteit

Suzette Myburgh 2012-02-21 Dis ’n donker reis deur die psige van ’n versteurde man, maar getrou aan Almodóvar se briljante filmkuns het dit ’n onwrikbare interne logika

Combat hoog aan te beveel

Suzette Myburgh 2012-02-07 In die slegte ou 1980’s, toe Afrikaners die muishonde van die wêreld was weens apartheid, was daar troos in die wete: ons is nie almal so nie, want ons het vir Nataniël.

Beginners is alles wat ’n fliekkyker kan vra

Suzette Myburgh 2012-01-23  Hierdie film is al maande lank op ons kringloop, en geen wonder nie, want dis iets baie besonders.

Flikker: Midnight in Paris sorg vir grinnik op grinnik

Suzette Myburgh 2012-01-17 As al die somber voorspellings vir 2012 jou so vroeg in die jaar begin onderkry, bied hierdie fliek die heerlikste ontvlugting.

Top 11 2011: Suzette Kotzé-Myburgh kies haar topflieks

Suzette Myburgh 2011-12-14 Hierdie lys is saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh, ’n gebore Namakwalander en het gematrikuleer aan die Hoërskool Nuwerus (anderkant Vanrhynsdorp neffens die N7). Sy het ’n BA-graad en ’n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch behaal.

Puik spel maak 50/50 die kyk werd

Suzette Myburgh 2011-12-07 Dat hierdie film konneksies het met die skeppers van Sideways en About Schmidt beloof al veel. Moet egter nie ’n komedie verwag soos die lokprent – of sommige resensente – aandui nie.

Robert Mugabe: What happened? – Insigryk en ewewigtig

Suzette Myburgh Film 2011-11-12

"Hierdie dokumentêr oor Robert Mugabe, vertoon by die Tri Continental Film Festival, gee ’n deeglike oorsig oor die lewe van die man wat eens van die mees bekende en gerespekteerde leiers in Afrika was." 

Flikker: Skeem trek voordeel uit ons ingewikkelde bevolkingsamestelling

Suzette Myburgh 2011-11-08  In ons gekwelde land is dit ten minste ’n ligpunt dat die ingewikkelde bevolkingsamestelling uitstekende stof vir komedie bied. In Skeem word die hele spul bymekaargegooi, met besonder prettige gevolge.

Crazy, stupid, love: ’n Puik romantiese komedie

Suzette Myburgh 2011-11-02  Om een of ander rede het ek hierdie fliek die afgelope tyd misgekyk op ons kringloop (moontlik die simpel plakkaat). As ek vroeër besef het Ryan Gosling speel daarin, sou ek lankal gaan kyk het.

Flikker: The First Grader: Veelvlakkig en boeiend

Suzette Myburgh 2011-10-20  Hierdiefilm is gegrond op die lewe van die Keniaan Kimani Maruge (oorlede in 2009). Toe die Keniaanse regering aankondig dat skoolonderrig voortaan gratis gebied sal word aan almal wat ’n geboortesertifikaat kan toon, besluit die 84-jarige Maruge om vir die eerste keer skool toe te gaan.
Top