Semi-soet perfekte kykgenot vir ’n Vrydagaand

  • 1


Semi-soet

Regisseur: Joshua Rous

Rolverdeling: Anel Alexander, Nico Panagio, Sandra Vaughn, Louw Venter, Corine du Toit, Louis Minnaars


Jaci (Anel Alexander) is die ambisieuse, hardwerkende ster van ’n klein reklamemaatskappy. As hulle die kontrak vir die Bolandse wynplaas Vrede en Lust kan beklink, kan hulle begin saampraat met die groot rolspelers. Maar: die plaaseienaar is gesteld op familiebande en outydse waardes en Jaci moet baie vinnig ’n verloofde kry as sy sy guns wil wen. In comes the Jackal (Nico Panagio), ’n gewetenlose sakeman wat spesialiseer in vyandige oornames van maatskappye. Aan JP se sy is Hertjie (Louw Venter), sy hardgebakte prokureur. En hulle het hul visier op Jaci se maatskappy. Dít terwyl sy meen JP is die model wat sy gehuur het om as haar verloofde op te tree.

Wat volg is ’n egte comedy of errors, met ’n stewige skeut romantiek daarby – dit kan mos nie anders as ’n wynplaas in die pragtige Franschhoek die ruimte is nie. Al die akteurs kwyt hulle goed van hulle taak, maar die komiese helde is beslis die beneukte troetelvark en Louw Venter. Die einde is pure Hollywood met die verpligte openbare liefdesverklaring, en die einde ná die einde sommer Bollywood!
 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top